Polisieskurke se hand in Glebelands-skrikbewind word al hoe duideliker

SLUIPMOORD-SINDIKAAT

Polisieskurke se hand in Glebelands-skrikbewind word al hoe duideliker

’n Voormalige polisiespeurder is onder die agt verdagtes wat weer in die hof verskyn het in verband met die skrikbewind by die Glebelands-hostel in KwaZulu-Natal. DESIREE ERASMUS doen verslag.

DIE gemeenskapsaktivis Vanessa Burger, veral bekend vir haar werk by Umlazi se berugte Glebelands-hostel en iemand wat wyd erkenning gekry het omdat sy seker gemaak het inligting oor talle vermeende sluipmoorde by dié enorme kompleks word in die openbare domein gehou, was die laaste persoon wat verlede week in die getuiebank van die Pietermaritzburgse hooggeregshof gaan staan het voordat die verhoor van die sogenaamde Glebelands Agt tot 2021 uitgestel is.

Burger is ’n imposante figuur – lank, sterk gebou, met ’n haredos van blonde krulle en ’n sterk stem. Dit was die eerste keer dat sy van aangesig tot aangesig gekom het met die mans wat sy sonder twyfel byna drie jaar gelede agter tralies help kry het.

Beskuldigde nommer een is Bhekukwazi Mdweshu, voormalige burgerdrag-speurder van Durban-Sentraal, aangekla van afpersing omdat hy na bewering tussen Augustus 2014 en Maart 2016 ’n sindikaat by die hostel gelei het, en wie se misdade afpersing en huurmoord ingesluit het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.