Bo blink en onder stink in nes van korrupsie

DIT VAT TWEE, UBHABA

Bo blink en onder stink in nes van korrupsie

Is dit hoegenaamd moontlik om 'n onderneming in Suid-Afrika te bestuur sonder om 'n fooi in 'n vername politieke sak te druk, vra YOLANDI GROENEWALD die soveelste keer nadat sy na die getuienis oor die tegnologiereus EOH se staatskontrakte voor die Zondo-kommissie geluister het. En dié slag is die vername manne 'n hele adjunkminister en 'n hele burgemeester.

EEN is die burgemeester van Johannesburg, die ander die adjunkminister van staatsveiligheid, 'n gewese ANC-woordvoerder en bondgenoot van pres. Cyril Ramaphosa. Vername manne met politieke statuur en invloed.

En nou ook vername karakters in die ontrafeling van die tenderspel waarin strategiese politici en korporatiewe Suid-Afrika die staat gekaap het. 

Geoff Makhubo, die burgemeester, en Zizi Kodwa, adjunkminister en ANC-swaargewig, sal moet verduidelik waarom hulle na bewering verdagte betalings gekry het van 'n tegnologiemaatskappy met biljoene rande se staatskontrakte – en of die geld skenkings aan die ANC was...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.