LAND VAN GEWELD
Vermoor, verkrag, verbrysel: Vir vroue in SA is die vreesvlermuis altyd en oral daar
Ek glo nie daar is 'n enkele vrou in Suid-Afrika wat nie al haar potensiële verkragting in haar kop deurgespeel het nie. Die wete is altyd daar. Dat jy 'n teiken is. Vir mans se woede of minderwaardigheid of versteuring of haat of pyn of maglus of lusmag. Die vreesvlermuis bly fladder, skryf ANNELIESE BURGESS.

Deel
ONDER by die ingang na die strand is 'n paadjie wat deur 'n digte rietbos kronkel. Op die dae wanneer ons swemgroepie daar deurloop, sien ek die houtpaadjie oor die rivier, die wuiwende groenigheid, en dan, die lieflike verlate strand wat oopvou voor ons voete.
As ek alleen is, maak die bosse my versigtig. Met elke kronkel van die paadjie voel dit vir my dieper en verder weg van kan-weghardloop. En as ek eers op die strand kom en daar is niemand nie, is die verlatenheid dreigend.
Gister was daar 'n man met twee klein kindertjies. Ek wou stap tot by die ander ingang, en het gevra of hy 'n oog oor my sal hou totdat ek om die verste draai is. ..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Anneliese Burgess
JoernalisAnneliese Burgess is 'n voormalige mederedakteur van Vrye Weekblad. Sy is aangewys as algehele wenner van die 2023 ATKV-Mediaveertjie vir ondersoekende joernalistiek.