Die plaasaanval wat nie ’n plaasaanval was nie

VERENIG IN HUL AGTERDOG

Die plaasaanval wat nie ’n plaasaanval was nie

In Modjadjiskloof is die volgende misdaad nooit ver die toekoms in nie – dis net soos dit hier is. En soms, skryf KARL KEMP, het die oorsake daarvan min te doen met “groot teorieë" oor rassekonflik en kolonialisme.

DIE Valke het my net voor middernag wakker gebel om te sê daar was 'n plaasaanval in Modjadjiskloof, so 'n uur buite Tzaneen. Die man van die Valke was op pad om met die AfriForum-plaaswag, wat eerste op die toneel was, te gaan praat. 

Tydens 'n vorige gesprek, net nadat ek in die dorp aangekom het, het ek gevra of ek saam met hulle op patrollie kon gaan. Ek wou bloed sien. Hy't gesê sure, maar ek het vir hom gesê ek is net vir 'n paar dae daar. Hy het gesê not to worry. Iets sal wel gebeur; dis net hoe dit hier is. 

Elke aanval is anders – en op 'n manier is elke aanval dieselfde. Behalwe wanneer hulle nie is nie. Plaasmoorde is 'n spesifiek Suid-Afrikaanse idee, maar die begrip is nou oor die wêreld heen bekend. Kan enigiemand dalk iets wat aan die waarheid grens uit die woord, wat so baie suggereer, onttrek? Dis uitputtend en maak my lus om op te gee en te emigreer. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.