7 minute van verskrikking … en dan wink ’n hele nuwe wêreld van kennis

MARS SOOS ONS HAAR NOG NOOIT BELEEF HET NIE

7 minute van verskrikking … en dan wink ’n hele nuwe wêreld van kennis

Nasa het pas sy mees gesofistikeerde tuig tot nog toe – met selfs ’n klein helikopter aan boord – met behulp van 'n spesiale hyskraan op Mars laat land. ELSABÉ BRITS skryf oor die wedren na die Rooi Planeet en die soeke na ander lewe.

DIT was nog nooit so besig op en om Mars soos nou nie. Drie robotte, wat almal in Julie verlede jaar gelanseer is om voordeel te trek uit die destydse nabyheid van Mars aan die aarde om die reis korter te maak, het pas daar gearriveer.  Ná 'n reis van 480 miljoen kilometer het die VSA, China en die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) se nuwe tuie vandeesmaand hulle bestemming bereik.

Toegevou in 'n beskermende kapsule het Nasa se robottuig Perseverance en 'n klein helikopter, Ingenuity, maande lank beskerm teen die aanslag van die ruimte gereis teen 'n spoed van 39,600 km/h.

Die moeilikste deel van die ganse sending? Om die robottuig van meer as 'n duisend kilogram, 'n lekker buksie met ses wiele en sewe wetenskaplike instrumente, veilig te laat land...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.