20 jaar met kragskepe ’n groter nagmerrie vir SA as stakende...

SA KORT 'N PAAR GRETA THUNBERGS

20 jaar met kragskepe ’n groter nagmerrie vir SA as stakende vliegtuigenjins

Kragskepe is iets wat 'n mens assosieer met lande in 'n noodtoestand, onder beleg weens oorlog of rampe. Hulle gooi nie anker aan die kus van suksesvolle, moderne ekonomieë nie. Hoekom sou 'n regering wat ander goedkoper en skoner langtermyn-oplossings beskikbaar het, bekommerd is oor die stygende koste van elektrisiteit en verbind is daartoe om koolstof te verminder, die volgende generasie vasteken in so 'n onregverdige en ongesonde ooreenkoms? vra CAROL PATON.

DAAR was verlede week groot kommer oor die nuus dat die enigste SAL-vlug (https://www.vryeweekblad.com/nuus-en-politiek/2021-03-23-sal-ramp-afgeweer-toe-airbus-se-blikbrein-ingryp-om-entstof-vlug-te-red/) wat in baie maande kon opstyg 'n buitengewoon gevaarlike oomblik beleef het, en dat 'n ongeluk slegs voorkom is danksy die vliegtuig se outomatiese stelsels wat ingeskop en gekeer het dat die enjin staak toe vliegtuig opgestyg het. Vliegongelukke is ware nagmerriemateriaal, so die openbare reaksie daarop was nie buitensporig nie. 

Maar daar was ander onlangse gebeure wat nog meer kommerwekkend is. Een daarvan is die idee dat daar vier kragskepe vir die volgende 20 jaar aan die Suid-Afrikaanse kus gaan ankergooi en gasse die lug in stuur teen 'n koste van R218 biljoen aan die verbruiker. 

Kragskepe is iets wat 'n mens assosieer met lande in 'n noodtoestand, onder beleg weens oorlog of rampe. Dis hoekom hulle in die verlede aan die kus van Soedan, Irak en Libanon en onderontwikkelde Afrikalande was. Hulle gooi nie anker aan die kus van suksesvolle, moderne ekonomieë nie. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.