Welkom in Zilletopia

WORD WAKKER, WORD WAKKER, DIE LAND RAAK…

Welkom in Zilletopia

Helen Zille se jongste boek se titel loop nie soos stroop nie. Dan praat ons nog nie van die inhoud vol blindekolle nie, skryf JONATHAN AMID oor Stay Woke Go Broke: Why South Africa won’t survive America’s Culture Wars (and what you can do about it)

HIERDIE boek is gemik op diegene onbekend met Robin DiAngelo, James Lindsay, Ta-Nehisi Coates of Ibram X. Kendi. Dié wat 'n glaserige kyk kry as hulle die woorde “sistemiese rassisme” of 'n “trans” persoon teëkom. Die wat met 'n skuimpie om die mond jou probeer oortuig dat die “woke mob” tans so magtig is dat hul manies oordrewe politieke korrektheid dreig om ons almal te versmoor.

Oor die boek se inhoud kan 'n mens dae lank gesels, kibbel en stry. Wat ongelukkig verdoemend is van die huidige diskoers is die feit dat jy, voor enige bladsy nog omgeblaai is, presies kon voorspel hoe die ontvangs sou lyk. Aan die een kant die ondersteuners van die klassieke liberalis Zille wat hoop dat sy sal aanhou om te twiet en die “stem van rede” te wees, een wat sonder 'n bang haar op haar kop die ANC-trogvreters op hul herrie gee en die bedorwe brokkies van die woke brigade les laat opsê. Sy wat saam met haar party – wat nie kleur raaksien nie, want ons is almal immers net mense – as amptelike opposisie en regerende party van die toekoms uiteindelik weer die land behoorlik op koers sal kry.

Aan die ander kant het jy 'n meer diverse, kritiese gehoor, 'n leser wat dalk voorheen 'n ondersteuner van Zille en die DA was of dalk steeds is, maar met ernstige voorbehoude oor die soort boek wat die skrywer hier aanbied.  Een wat die visie en huidige trajek van die DA met mening bevraagteken, ook die soort mites en stories wat politici gebruik om hul magstrewe te legitimeer...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.