Word Nederland nou ’n narko-staat?

DWELMS NAASGROOTSTE UITVOERPRODUK

Word Nederland nou ’n narko-staat?

Nederland se voorste misdaadverslaggewer, Peter R. de Vries, is verlede week helder oordag trompop in 'n Amsterdamse straat vol sekuriteitskameras in die kop geskiet en het dae later beswyk. Nou word daar gevrees dat die land dreig om in 'n volwaardige narko-staat te ontaard. Mexiko is hy nog nie, maar die regstaat hier word al 'n tyd lank toenemend deur die enorme dwelm-ekonomie ondermyn, skryf ANESCA SMITH uit Amsterdam.

DIE moord op Peter R. de Vries – wie se werk al met 'n Emmy bekroon is – is slegs die jongste van 'n reeks koelbloedige aanvalle uit die land se misdaad-onderwêreld teen iedereen wat in die weg staan van die dwelmhandel. Van burgemeesters tot regslui, getuies en joernaliste word gereeld bedreig en geïntimideer of daadwerklik uit die weg geruim.

Die afgelope week moes die TV-program RTL Boulevard, waar De Vries gereeld 'n gas was, halsoorkop na 'n ander ateljee verhuis  toe 'n ernstige bedreiging van 'n moontlike aanval bekend word.

Twee jaar gelede is 'n 44-jarige advokaat, Derk Wiersum, ook in Amsterdam voor sy huis om die lewe gebring. Die aanvalle op hom én De Vries hou vermoedelik verband met hul werk rondom die sogenaamde Mocro-mafia (kort vir Marokkaanse dwelmboewe). Wiersum het tot met sy dood 'n kroongetuie, Nabil B., bygestaan in die Marengo-proses waarin die hoofverdagte Ridouan Taghi is – eens  die mees gesoekte man van Nederland totdat hy in 2019 in Dubai in hegtenis geneem is...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.