Waarom BIG ’n groot fout is

DIE EWIGE GEWAG VIR SASSA-DAG

Waarom BIG ’n groot fout is

Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, sê die nuwe ronde Covid-toelaes vir behoeftiges ‘baan die weg vir 'n basiese inkomstetoelae (BIG)’. HEINDRICH WYNGAARD het sy bedenkinge oor so 'n stap.

“MRS” LEONA SUSANNA WOODWARD (néé Martin) van Minetobastraat 27 in Bergsig, Caledon, is Sondagnag aan natuurlike oorsake dood. Sy was 53 jaar oud. Hulle sê sy het laataand gekla dat haar bors “styftrek”. Haar bors het al ander kere ook “styfgetrek”, want sy was 'n roker en sy het sowat twee jaar gelede 'n beroerte gehad. Die beroerte het haar verlam aan die linkerkant gelaat. Toe ontdek die hospitaalpersoneel dat sy al in 2004 as 'n diabeet gediagnoseer is, maar sy het nooit enige leefstylaanpassings gemaak nie. Haar linkerbeen moes later weens die diabetes “afgesit” word, soos hulle sê.

Die familie sê hulle moes Sondagnag lánk op die plaaslike ambulansdiens wag om op te daag. Toe hulle daar kom, het die ambulanspersoneel glo net “Mrs” Woodward se polsslag gemeet en haar op die toneel dood verklaar.

“Mrs” Woodward was voorheen getroud met “Mr” William (“Billy”) Woodward, 'n Britse burger, wat haar 'n paar jaar gelede ontval het. Uit dié huwelik is een seun gebore, maar “Mrs” Woodward het nog vier ander kinders. Toe sy nog gewerk het, was “Mrs” Woodward 'n privaat verpleër by aftree-oorde en tehuise vir bejaardes in die Somerset-Wes-gebied. So het sy haar oorlede man ontmoet; eers sy versorger, toe sy huweliksmaat...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.