Hoe om slegte spioene beter te maak

PODSENDING

Hoe om slegte spioene beter te maak

PETER BRUCE praat met Moe Shaik, voormalige spioenbaas, oor die herstrukturering van Suid-Afrika se intelligensiedienste.

Nadat dit in Julie, voor en gedurende die vlaag van plundering en vernietiging, duidelik geblyk het dat Suid-Afrika se intelligensiedienste uiters gebrekkig is, het pres. Cyril Ramaphosa die minister van intelligensie verwyder en haar nie vervang nie.

Pleks daarvan sal die departemente, binnelands en buitelands, aan die presidensie self verslag doen. Dit het daartoe gelei dat sommige mense aangevoer het Ramaphosa is besig om homself volmag te gee. Maar dit is dalk nie die geval nie.

In hierdie episode van Podcasts from the Edge sê die voormalige spioen, diplomaat en hoof van die Suid-Afrikaanse geheime diens, Moe Shaik, vir Peter Bruce dat Ramaphosa teruggekeer het na die oorspronklike oogmerk in 1994, toe die intelligensiedienste deur 'n koördineerder, Joe Nhlanhla, bestuur is. Die idee was altyd dat hulle aan die presidensie rapporteer...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.