Afghanistan: Nooit gekolonialiseer, nooit gedemokratiseer

'N LANG STRYD

Afghanistan: Nooit gekolonialiseer, nooit gedemokratiseer

Buitelandse magte se betrokkenheid by Afghanistan het nog nooit tot 'n sprokieseinde gelei nie, skryf WILLIE BREYTENBACH.

DIE morsige Amerikaanse onttrekking uit Afghanistan dié week onder die Joe Biden-regering het opnuut die kollig op hierdie land se geskiedenis geplaas. Die Britte, Sowjetunie en Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie was immers lankal vóór die Amerikaners in Afghanistan.

Brittanje het die gebied vir die eerste keer in 1838 beset waarna ’n slagting van Britse soldate plaasgevind het. In 1878 is die land onder die bevel van Lord Roberts vanuit Indië binnegeval en gestraf – die einste latere veldmaarskalk Roberts van Kandahar wat ook in die Boereoorlog in Suid-Afrika geveg het.

Dit het uitgeloop op die Tweede Anglo-Afghaanse oorlog wat ook nie op vrede en/of ’n oorwinning uitgeloop het nie. Van demokrasie was daar nie sprake nie. Lord Roberts word egter getaak om Afghanistan weereens militêr aan te durf, wat uiteindelik in 1880 op 'n Britse verowering uitgeloop het. Dit het egter nie op ’n volskaalse besetting neergekom nie, want van die vestiging van ’n Britse administrasie en setlaars – soos in Indië, Aden, Egipte en Suid-Afrika – was daar geen sprake nie. Administrasie was geskoei op die beginsels van indirekte bestuur soos in Afrika-kolonies waar daar van stamhoofde gebruik gemaak is. Roberts besluit egter op ’n magsvertoon en die hermobilisering van Britse troepe, wat later (in 1880) opruk na die ander groot dorp in Afghanistan, naamlik Kandahar. Dit was bloedig...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.