Die DA se boereverneukery

VERF DIE DORP BLOU

Die DA se boereverneukery

Die DA se veldtog teen ‘kleiner’ partye kom neer op boereverneukery en kan hulle duur te staan kom, skryf HEINDRICH WYNGAARD.

DIE DA is bekommerd. Jy lees dalk hier en dink dit kan tog nie wees nie. Die DA is dan die grootste opposisieparty; regeer in 25 munisipaliteite, ook in die stad Kaapstad, lei die koalisies in die Tshwane- en Nelson Mandelabaai-metro’s, en slaan selfversekerd die ghoema in die Wes-Kaap.

Maar ek kan jou verseker onder die oppervlak bewe hulle bene, want hulle is bang, bang, bang oor die impak wat sogenaamde kleiner partye op hulle magsbasis kan hê.

Dié magsbasis het hulle tot nou as vanselfsprekend aanvaar. Luister maar na adv. Lennit Max, burgemeesterskandidaat van die VF Plus, as hy vertel hoedat Helen Zille, nou voorsitter van die federale raad, aan hom sou sê die DA moet op die swart stem fokus “omdat die wit en bruin kiesers nêrens anders het om heen te gaan nie”. Wel, dié politieke projek, waardeur Mmusi Maimane in die F1-baan van interne politieke prosesse tot leier bevorder is, het teen die randsteen geëindig met aansienlike steunverlies in die 2019-verkiesing...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.