Van aktivis tot politikus: hoe een vasberade vrou ’n verskil maak

GEDREWE OM MENSE IN NOOD TE HELP

Van aktivis tot politikus: hoe een vasberade vrou ’n verskil maak

Haar oupa het hul plaasgemeenskap in 1928 help vestig. As die laaste van Sannieshof se Van Wyk-familie het Carin Visser gevoel sy kon nie toelaat dat die dorp verder verval nie. Sy het haar verhaal met CARIEN DU PLESSIS gedeel.

SANNIESHOF is ’n klein dorp met gróót probleme in die ewe problematiese – en onlangs ontbinde – Noordwes-munisipaliteit van Tswaing.

Die kwessies self is niks nuuts nie, sê Carin Visser, ’n inwoner. Dis 18 jaar sedert sy die eerste maal die omvang van die dorp se probleme besef het. Haar seun het destyds uit Brittanje kom kuier en sy skok oor die verval uitgespreek.

“Ons het gewoond geraak aan die plaaslike agteruitgang,” sê sy van die klein plaasgemeenskap wat haar oupa in 1928 help vestig het. “Ek’s die laaste van die Van Wyk-familie hier en het gevoel ek kan nie toelaat dat dit gebeur nie,” vertel sy vir Financial Mail...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.