DIE 20ste eeu, het ’n Nederlandse kultuurfilosoof tereg beweer, het eers in 1914 begin – toe die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog die treine van die geskiedenis as 't ware op vinniger spore gerangeer het. Hoewel die Groot Oorlog – en die voortsetting daarvan in 1939 – yslike tragedies was, het dit die geykte maatskaplike, ekonomiese en politieke patrone van die19de eeu deurbreek en tegnologiese en wetenskaplike vooruitgang sterk gestimuleer.
Die revolusionêre gebeure wat die wêreld in 1989, 1990 en 1991 getref het, is besig om die 20ste-eeuse wêreld so volledig te sloop dat kultuur-historici dalk eendag sal beweer dat die 19de eeu reeds in 1989 tot ’n einde gekom het. In die laaste drie jaar is – om ongepaste beeldspraak te gebruik – verskeie Fast Forward-knoppe op die videoband van die geskiedenis gedruk. Dit het tot gevolg dat die wêreld in ’n versnelde tempo voortspoed na die 21ste eeu – as ons ons nie reeds daarin bevind nie.
In Junie 1989 het die bloedbad in Beijing plaasgevind. Dit is wêreldwyd met woede en verontwaardiging veroordeel. Kommunistiese diktature van Oos-Europese lande is so ontnugter dat hulle die sosiale opstande – wat in die tweede helfte van 1989 spontaan in daardie lande “uitgebreek" het – met ongekende verdraagsaamheid geduld het. Dit het die oorskakeling na demokrasie en na markgeoriënteerde ekonomieë teweeggebring...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.