×

Ons het nuus vir jou.

Registreer gratis op Vrye Weekblad en ontvang nuusbriewe per e-pos, lewer kommentaar en meer.
Registreer nou
Volodymyr vs. Vladimir: Zelensky, ’n rare staatsman in ’n oorlog ...

BEGEESTEREND

Volodymyr vs. Vladimir: Zelensky, ’n rare staatsman in ’n oorlog oor die waarheid

Oekraïne is die enigste land buite Israel waar die president asook die eerste minister Joods is. Tog het Vladimir Putin Oekraïne binnegeval ‘om die land van Nazisme te red'. Maar Volodymyr Zelensky het teruggeveg, met sy eiesoortige kommunikasie net so dodelik sekuur soos skerppunt-ammunisie. ANNELIESE BURGESS vertel.

DIT is dag 13 van die Russiese aanslag. Die Britse Laerhuis is gepak. Sommige staan, ander sit op die grond in die gangetjies. Daar is 'n geritsel van afwagting. Volodymyr Zelensky is die eerste buitelandse leier in die geskiedenis wat die Laerhuis direk sal toespreek.

Die Speaker stel die president van Oekraïne aan die woord en die 44-jarige Zelensky verskyn op twee kleinerige skerms aan weerskante van die parlement. Hy dra 'n olyfgroen T-hemp en sit agter 'n lessenaar. 'n Landsvlag is die enigste spatsel kleur teen die andersins gestroopte wit agtergrond.

Hier was nog nooit 'n staande toejuiging nie (om hoegenaamd hande te klap is teen die staande reëls), maar vandag is die hele huis op hulle voete nog voordat Zelensky kan praat. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X