POLITIEKE NOTABOEK | Gelukkig vir Elon is sy van nie Vermaak nie

DIÉ WEEK IN DIE NUUS

POLITIEKE NOTABOEK | Gelukkig vir Elon is sy van nie Vermaak nie

MAX DU PREEZ skryf oor Elon Musk wat met sy ‘boytjie van Pretoria'- etiket sukkel, Julius Malema se Breitling-horlosie en Basic Instinct in die Britse parlement.

ELON MUSK kan sy sterre dank hy is nie ’n Afrikaner nie. Net om wit te wees en in Suid-Afrika gebore te gewees het, het hom al genoeg persoonlike aanvalle besorg. Kan jy dink wat van hom gesê sou word as hy ’n Vermaak of ’n Van Tonder was?

Ek weet van die kêrel net wat ek van hom in die media lees en hoor. Hy lyk vir my nogal na ’n rara avis met ’n kop wat soms raas en ietwat van ’n egoïstiese maverick. Of is dit waar dat hy op die outisme-spektrum is? Maar hy skop nie sy hond of slaan sy vrou nie en hy is die rykste man op aarde ($252 biljoen sterk) en dit is nie aan apartheid te danke nie.

Toe hy dié week Twitter vir ’n allemintige $44 biljoen koop, het al wat twitterator en skinderbek-joernalis is op hom gespring, ook hier op tuisbodem...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.