Uber-skandaal: Sluwe tegnologie-junkies wat die wêreld wou ...
WAT JY MOET WEET VAN DIE UBER FILES
Uber-skandaal: Sluwe tegnologie-junkies wat die wêreld wou oorheers
Vir baie van ons het Uber nuwe deure oopgemaak. Dit was goedkoop, gerieflik en maklik. Maar soos 'n magdom dokumente wys, het die Uber-base geweld uitgebuit, bestuurders in onder meer Suid-Afrika mislei en oral wette verbreek. ADRI KOTZÉ bekyk van die opspraakwekkendste onthullings.
DAAR was die soort joligheid in die lug wat 'n mens net op 'n Saterdag rondom Loftus kry wanneer die Springbokke die Franse in die eerste wedstryd van 'n toetsreeks klop. Buite die stadion het Lindelani Mashau, 'n Uber-bestuurder, gewag. 'n Mens sou jou kon indink dat Mashau gehoop het op 'n goeie aand se besigheid.
Maar toe slaan sy kar, met hom binne-in, aan die brand. Dit is vermoedelik met 'n petrolbom aangeval. Later is Mashau in die hospitaal dood weens sy beserings. Dié voorval, in Junie 2017, was deel van waarna in Suid-Afrikaanse nuusberigte verwys word as die “Uber wars", toe aanhoudende geweld tussen Uber-bestuurders en metertaxi-bestuurders so erg geraak het dat die polisie ontplooi is.
Uber het in dié tyd die geweld teen Uber-bestuurders as “heeltemal onaanvaarbaar" beskryf. Die maatskappy het gesê hulle huur bykomende reaksiespanne en het owerhede gevra om “hierdie verskriklike misdaad" te veroordeel en te help voorkom. ..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelAdri Kotzé
JoernalisAdri Kotzé is 'n vryskutjoernalis in Londen. Sy was tot Julie 2021 adjunkredakteur van Vrye Weekblad en het al onder meer vir die Bhekisisa Centre for Health Journalism, Carte Blanche, Rapport, Special Assignment en Beeld gewerk.