×

Ons het nuus vir jou.

Registreer gratis op Vrye Weekblad en ontvang nuusbriewe per e-pos, lewer kommentaar en meer.
Registreer nou
Klein Saterdag | Donald en die verlore dokumente, en Star Wors

EN IN ANDER NUUS ...

Klein Saterdag | Donald en die verlore dokumente, en Star Wors

Dit lyk asof die glibberige Donald Trump dalk sy moses kan teëkom oor dokumente wat hy glo vernietig het. Intussen sien China rooi en gaan voort om Taiwan te boelie, en die wêreld neem afskeid van die aktrise en sangeres Olivia Newton-John en Japannese modeontwerper Issey Miyake.

VSA

Die FBI het Maandag 'n deursoekingslasbrief by oudpres. Donald Trump se Mar-a-Lago-oord beteken as deel van 'n ondersoek na die hantering van presidensiële dokumente, insluitend geklassifiseerde dokumente, wat moontlik daarheen gebring is, het mense wat vertroud is met die situasie aan CNN  (https://edition.cnn.com/2022/08/08/politics/mar-a-lago-search-warrant-fbi-donald-trump/index.html) gesê. “My pragtige huis, Mar-a-Lago in Palm Beach, Florida, is tans onder beleg, oorval en beset deur 'n groot groep FBI-agente,” het Trump in 'n verklaring gesê.

Confidence Man: The Making of Donald Trump and the Breaking of America, wat eersdaags gepubliseer word, onthul (https://edition.cnn.com/2022/08/08/politics/trump-white-house-notes-toilet-photos-cnntv/index.html) onder meer dat personeel notas gevind het wat hy periodiek in die Withuis se toilette afgespoel het. Hy sou ook dokumente opskeur en vernietig, in weerwil van normale bewaringsprosedures...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 November af sal jy ’n subskripsie kan uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.