Politieke Notaboek | Nie in mý naam nie, minister Modise

SEISOEN VAN DUBBELPRAAT

Politieke Notaboek | Nie in mý naam nie, minister Modise

MAX DU PREEZ skryf oor die ANC se gatkruip by Moskou, Julius Malema se strontstories oor Thabo Mbeki, en 'n Zuma-dogter wat blykbaar van haar pa se verkragtingsaak vergeet het.

DIE minister van verdediging, Thandi Modise, gaan seker uit Moskou huis toe kom en haar deelname aan ’n Russiese konferensie oor “internasionale veiligheid” verduidelik deur te sê sy wou “oorlogsugtiges” gaan waarsku dat hulle “al skreeuende na die tafel van onderhandeling en multilateralisme” gesleep gaan word.

Maar sy gaan niemand flous as sy maak asof sy Rusland ná sy blatante inval in Oekraïne in gedagte gehad het nie. Die Russe self, die ander lande wat aan die konferensie deelgeneem het, én die hele Russiese dampkring weet sy het eerder na die Weste en Navo verwys.

Pres. Vladimir Putin het by die konferensie na die teenwoordiges as “bondgenote, vennote en eendersdenkendes” verwys en weer Amerika en die Weste die skuld vir die oorlog gegee...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.