×

Ons het nuus vir jou.

Registreer gratis op Vrye Weekblad en ontvang nuusbriewe per e-pos, lewer kommentaar en meer.
Registreer nou
Politieke Notaboek | ’n Medalje vir Babita, en Julius vir ...

IN DIE NUUS

Politieke Notaboek | ’n Medalje vir Babita, en Julius vir adjunkpresident

MAX DU PREEZ skryf oor ’n hospitaal se tender vir skinny jeans, oor Julius Malema wat adjunkpresident wil word, die Dali-en-Busi-show, en ’n politikus wat op ’n pasiënt in ’n hospitaalbed skreeu.

BABITA DEOKARAN verdien die Orde van Mapungubwe-toekenning, die hoogste eerbetoon aan ’n Suid-Afrikaanse burger.

’n Jaar ná die sluipmoord op haar begin ons eers mooi verstaan hoe hard sy teen korrupsie en bedrog in die Gautengse gesondheidsdienste geveg het.

En wie moet ons bedank? Nie die polisie nie, maar ondersoekende joernaliste van news24. Volgens dié uitstekende verslaggewing (https://specialprojects.news24.com/silenced/index.html?utm_source=24.com&utm_medium=email_reg&utm_campaign=silenced_investigations_adriaan_letter_22_august_reg&utm_term=https%3A%2F%2Fspecialprojects.news24.com%2Fsilenced%2Findex.html) het sy onder meer die fluitjie geblaas op die Tembisa-hospitaal wat R500,000 aan “skinny jeans” vir jong meisies bewillig het. Deokaran is drie weke later voor haar huis doodgeskiet. Haar vermeende moordenaars is al aangekeer, maar nie die mense wat hulle betaal het om haar te vermoor nie. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 November af sal jy ’n subskripsie kan uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.