Impimpi of ongewone bevrydingsheld? Die storie agter Cyril se opgang
EIESOORTIGE STRYD

Was Cyril Ramaphosa 'n agent van apartheid en/of wit kapitaal, of 'n ongewone uitskieter in die bevrydingspolitiek wat party ANC-kamerade jaloers gemaak het? Ná Julius Malema se jongste aanvalle op die president ondersoek MAX DU PREEZ sy jeug- en jonger jare en vorm sy eie teorie.
IETS wat Cyril Ramaphosa met Nelson Mandela (en Steve Biko) gemeen het, is stabiele kinderjare, 'n sterk vaderfiguur, goeie akademiese onderrig en 'n vreeslose sin vir selfgelding teenoor wit rassisme. Al drie het 'n ongewone pad in die politiek gevolg.
Maar Ramaphosa het ook 'n ander vormingsinvloed ondergaan wat hom ietwat van ’n buitestaander gemaak het: Hy kom uit 'n Vendasprekende agtergrond en is as skoolseun daarmee gespot. Vendas en Tsongas is deur sommiges in die swart gemeenskap van Soweto van sy jeug as dom en lelik uitgemaak – eintlik nou nog: Jacob Zuma se dogter, Duduzile (nou 'n parlementslid), noem Ramaphosa steeds in haar haatveldtogte op sosiale media “Big Nose”.
In my lang ervaring as 'n politieke joernalis was daar nog nooit 'n senior politikus wat so beskinder is soos Ramaphosa nie. Hy het 'n ander pad na die top as omtrent enigiemand anders geloop. Hy was, soos die aanklag oor die jare teen hom was, inderdaad “late to the ANC” – hy was al diep in sy dertigerjare toe hy 'n ANC-lid geword het. Hy was nié in ballingskap nie, nié in Umkhonto we Sizwe nie en hy was nié op Robbeneiland nie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Hoekom is die ANC in die arms van die DA?
Nog geen einde in sig vir RNE-wipplank
Taai gesprekke oor eenheid soos ’n vars bries
Toekoms hoef nie die verlede te verwerp nie
Vele landmyne op RNE-onderhandelingspad
Cyril se groot oomblik - dalk ons s’n ook?
Mag in die era van Cyril die Swygsame
Deel
-
Deel
Max du Preez
HoofredakteurMax du Preez is die hoofredakteur van Vrye Weekblad. Hy was die stigtersredakteur van die oorspronklike Vrye Weekblad.