9 dinge wat jy moet weet oor die mediese skemas en die beroerde NGV

SINNELOSE RETORIEK

9 dinge wat jy moet weet oor die mediese skemas en die beroerde NGV

Die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, het verlede week daarop aangedring dat daar geen plek vir mediese skemas onder die Nasionale Gesondheidsversekeringswet sal wees nie. ALI VAN WYK het met prof. Alex van den Heever van Wits se Skool vir Regeerkunde gesels. Hier is nege van sy idees.

1. Minister Aaron Motsoaledi se stelling dat dit ononderhandelbaar is dat artikel 33 van die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering geen plek vir mediese skemas in universele gesondheidsorg toelaat nie, is sinneloos.

Ek dink nie regtig Motsoaledi praat altyd namens die regering hieroor nie. Dis nie sy besluit nie. Hy is geneig om baie te praat en gereeld dinge te sê wat eintlik bietjie mallerig en ondeurdag is. Dit is net retoriek, en dit is grootliks sinneloos.

Vanuit 'n institusionele en fiskale perspektief is die NVG- raamwerk onimplementeerbaar in ons leeftyd, selfs al word die wetgewing nie regtens betwis nie. Mense praat nou graag oor mediese skemas en betrek die regering van nasionale eenheid. Die feit is, daar sal 10 verskillende koalisieregerings wees voordat enigiets soos dit ooit geïmplementeer kan word...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.