Die Tshwane-drama: HairMan wil die Superboertjie sink

KOALISIEPOLISIE SLAAN TOE

Die Tshwane-drama: HairMan wil die Superboertjie sink

Die DA-geleide koalisie wat Tshwane die afgelope 17 maande regeer, gaan waarskynlik binne die volgende paar weke deur Herman Mashaba se ActionSA en die ANC gekelder word. ALI VAN WYK gesels met Cilliers Brink, die burgemeester, wat volgens alle aanduidings ’n greep op die stad se probleme begin kry het.

WAT op die oomblik met Cilliers Brink en sy burgemeesterskomitee in Tshwane gebeur, is die soort terugslag wat ’n politikus se loopbaan kan ontspoor, selfs verwoes.

Tot net ’n paar weke gelede was Brink en sy koalisievennote in die Stad Tshwane vir die eerste keer in jare op ’n goeie plek. Nee, nie Loftus nie, maar as dit was, het die Bulls so pas ’n skrum gekry, 15 treë van die oorkantste kantlyn af aan die Spoorwegpaviljoenkant van die veld, op die doellyn. Joost gooi in.

Hier gaan gescore word. Verby was die dae dat die DA in Tshwane, as deel van ’n minderheidskoalisie, oor die strepie op elke T en die punt aan die einde van elke sin met die ANC en die EFF in die raad moes onderhandel. Nou was die DA die grootste vennoot in ’n meerderheidskoalisie wat nié die eiegeregtigde ANC en die korrupte en onstabiele EFF ingesluit het nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.