MK Party: Is daar ’n ondergang ná die opgang in sig?
ZUMA SE WRAAK

Jacob Zuma se Umkhonto we Sizwe-party bly die groot onbekende in Suid-Afrika se politiek. Is dit meer as net ’n Zuma-kultus? Hoekom is die party so gewild? Waarvoor staan dit regtig? Gaan dit groei of kwyn? MAX DU PREEZ soek antwoorde.
DIT IS 'n behoorlik gedokumenteerde feit dat Jacob Zuma se nege jaar as president die ekonomie en staatsinstellings ontsaglike skade aangedoen het; dat hy die koning van staatskaping was en korrupsie geïnstitusionaliseer het; dat dit 'n groot terugslag was vir die stryd teen ongelykheid, werkloosheid en armoede. Grondhervorming het tydens sy administrasie byna heeltemal tot stilstand gekom.
Zuma self is van die begin af geteister deur skandale: die voortslepende hofsaak oor die wapenaankope; ’n verkragtingsaak; die misbruik van staatsgeld vir die bou van Nkandla en sy leuens daaroor; sy korrupte verhouding met die gebroeders Gupta en sy verkwanseling van stukke van die staat vir gunste en gawes vir sy gesin en vriende; sy blatante minagting van die regbank en die Zondo-kommissie. Zuma en sy RET-faksie het die ANC meer verdeel as enige ander ANC-leier in die party se geskiedenis.
En tog het 2,3 miljoen kiesers op 29 Mei vir sy nuwe MK Party gestem. Dit was 14,6% van die totale stem, wat dit die derde grootste party naas die ANC en DA gemaak het, 5 persentasiepunte gewilder as die gevestigde EFF. In KwaZulu-Natal het 1,6 miljoen kiesers vir MKP in die provinsiale stryd gestem, meer as dubbel die aantal stemme wat die ANC gekry het...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Die ANC se hubris is sy ondergang
Stemuitslae nie bo ondersoek verhewe
Die bloed op Zuma se hande
’n Glimlag terwyl hy jou seermaak
Wie is Duduzile Zuma–Sambudla?
Om ’n aan-die-gat-kat te wil nasionaliseer
Vervreemding: die krag agter Trump en JZ
Deel
-
Deel
Max du Preez
HoofredakteurMax du Preez is die hoofredakteur van Vrye Weekblad. Hy was die stigtersredakteur van die oorspronklike Vrye Weekblad.