Dit help nie om die kat te nasionaliseer as jy dit aan die...

HIER GAAN ONS AL WEER

Dit help nie om die kat te nasionaliseer as jy dit aan die gat beet het nie

Gewoonlik wanneer iemand soos nou weer eis dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank genasionaliseer moet word, is dit 'n geval van 'n probleem probeer oplos wat nie regtig bestaan nie, skryf WILLEM KEMPEN.

ELKE nou en dan is daar 'n politikus wat geraas maak oor die nasionalisering van die Suid-Afrikaanse Reserwebank.

Dié keer is dit weer Julius Malema; hy trek al by minstens sy derde poging. En Des “Weekend Special" van Rooyen, wat sê die MK-party se belofte in sy manifes om die Reserwebank te nasionaliseer was die grootste enkele rede vir die party se sukses in die onlangse verkiesing – wat nogal vreemd is, want daardie sukses was ten koste van die ANC, wat al vir dekades presies dieselfde belofte maak, minstens in die openbaar.

Bygesê, baie van hulle herontdek die kwessie die dag as hulle uit die ANC geskop word, want hulle is deur die res afgelag of geïgnoreer terwyl hulle nog in die kraal was: Malema en Jacob Zuma self, maar ook mense soos Ace Magashule, Busisiwe Mkhwebane, Dali Mpofu en al die ander wat al 'n Radical Economic Transformation-vlaggie geswaai het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.