HARTELOSE BELEID
Skole se geldkrisis: Wys die vinger na politici en vakbonde
Die drastiese besnoeiing van onderwysbegrotings plaas politici letterlik voor lewe-en-dood-besluite, reken PIET CROUCAMP. Moet onderwysposte gesny word, of die voedings- en vervoerskemas wat in baie gevalle neerkom op kinders se enigste toegang tot maaltye?
HARTELOSE BELEID
Skole se geldkrisis: Wys die vinger na politici en vakbonde
Die drastiese besnoeiing van onderwysbegrotings plaas politici letterlik voor lewe-en-dood-besluite, reken PIET CROUCAMP. Moet onderwysposte gesny word, of die voedings- en vervoerskemas wat in baie gevalle neerkom op kinders se enigste toegang tot maaltye?
Deel
DIE afgelope twee weke staar ek met morbiede fiksasie na die debat oor begrotingsbesnoeiings in die sekondêre onderwyssektor. As daar nie ’n spesiale plek in die hel is vir politici nie, moet ons dalk navraag doen waarom dan nié.
Die absoluut benarde finansiële situasie van skole het alles te doen met die regering se “couldn’t care less”-ingesteldheid jeens die mees kwesbare mense in hierdie land. Kinders is dikwels die kollaterale skade van politici en amptenare se swak besluite en ek weet nie of ons genoeg doen om outoriteite verantwoordelik te hou vir wat met ons kinders gebeur nie. Die feit dat ongeveer ’n duisend kinders jaarliks in Suid-Afrika vermoor word, is te grusaam om ook nog by hierdie argument te betrek, laat ek maar net volstaan by die verwaarlosing van ons onderwysstelsel.
In Gauteng het die provinsiale regering van premier Panyaza Lesufi die afgelope jaar verskeie maatskaplike begrotings gesnoei, sommige met drastiese gevolge vir kinders. Soos baie ander instansies, het die Springs-en-Kwa-Thema-kinderwelsyn onlangs in die media hulle kommer uitgespreek oor hulle vermoë om noodsaaklike dienste te lewer met beduidend verminderde begrotings. Dit gaan onder meer oor prioriteite – bewerings dat Lesufi maatskaplike begrotings besnoei om sy werkskeppingsprogramme te finansier is nie ongeloofwaardig nie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Die staat moet bestee, nie beursies toeknyp
Taai gesprekke oor eenheid soos ’n vars bries
Die versteekte gevaar in ’n memo
Langtermynbeleggings in die klaskamer
Bela-wetsontwerp: geleentheid vir saamwerk
Haan kraai lankal oor SA se onderwys
Swart onderwys ’n misdaad teen die mensdom
Deel
-
Deel
Piet Croucamp
Bydraende redakteurPiet Croucamp is al 29 jaar 'n dosent in die politieke wetenskap. Hy is tans verbonde aan die Noordwes-Universiteit se Besigheidskool.