BEDROG EN RAMPOKKERY
Die vreemde, fabelagtige verhaal van Koning Louis 1 van Bronkhorstspruit
ALI VAN WYK probeer uitpluis hoe die beweerde swendelaar Louis Liebenberg dit reggekry het om R4 biljoen deur sy besighede te laat vloei, en hy wonder wat die uiteindelike plan was.
BEDROG EN RAMPOKKERY
Die vreemde, fabelagtige verhaal van Koning Louis 1 van Bronkhorstspruit
ALI VAN WYK probeer uitpluis hoe die beweerde swendelaar Louis Liebenberg dit reggekry het om R4 biljoen deur sy besighede te laat vloei, en hy wonder wat die uiteindelike plan was.
Deel
EK was ’n paar keer in my lewe ’n entrepreneur, maar ek was nooit baie goed daarmee nie. Ek het altyd verlore geraak in die prosesse en die kultuur, in plaas daarvan om fanaties die inkomste te dryf. Aandagafleibaarheid werk beter in die joernalistiek, jy weet.
Maar soms sal ek steeds in ’n restaurant sit en die “boeresom” van die plek probeer uitwerk – dis die soort sommetjie wat jy op die agterkant van ’n 30-pak-sigarette maak, soos boere by ’n vetvee-vendusie.
Ek sal kyk na hoeveel tafels die plek het en die gemiddelde prys van ’n maaltyd op die spyskaart. Ek sal kyk na hoeveel mense tipies by ’n tafeltjie sit, en die dag van die week in ag neem, en so aan. Ek sal skat hoeveel keer elke tafel per dag beset word. Ek sal my ’n winsmarge verbeel en wat ek my kan indink die koste van die huur sal wees en die lone, alles waaraan ek kan dink. En dan sal ek omtrent altyd by die punt uitkom waar ek besluit om nooit as te nimmer ’n restaurant te begin of selfs in een te belê nie. Moenie eers met hotelle begin nie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Dobbelaars, swendelaars en Ponzi-skemas
Grypers na goud en empaaiers
Slagoffers van swendelaars se soet praatjies
Moz-skandaal: Ferrari’s, tunabote en Oscar se tjommie
Waarheid, Twittertrolle en die media
Deel
-
Deel
Ali van Wyk
InhoudsredakteurAli van Wyk is inhoudsredakteur van Vrye Weekblad.