Die twyfelagtige nalatenskap van Niël Barnard

BUITEREGTELIKE OPTREDES

Die twyfelagtige nalatenskap van Niël Barnard

Die oudspioenbaas is vandeesweek oorlede. PIET CROUCAMP onthou hom as 'n magsbehepte burokraat wat tot die einde met 'n paar onwaarhede saamgeleef het.

RSG bel my die afgelope week om te hoor of ek oor Niël Barnard wil praat. Die voormalige hoof van die apartheidstaat se Nasionale Intelligensie (NI) is oorlede op 13 Januarie 2025, in die relatief rype ouderdom van 75. Voor Monitor se aanbieder Udo Carelse by my sou uitkom, doen hy eers 'n onderhoud met die Barnard-familie se woordvoerder, Jan-Jan Joubert.

Ek het baie respek vir Joubert en verstaan dat hy as woordvoerder vir die afgestorwene se familie verbind is tot 'n baie spesifieke weergawe van Barnard se politieke nalatenskap. Tog vind ek die “revisionism”, of dan die reiniging van Barnard se spook, ontstellend. Wees hom gerus genadig, maar moenie sy loopbaan vergoeilik nie.

Die voormalige nasionale intelligensiehoof het reeds in sy eerste boek, Secret Revolution: Memoirs of a Spy Boss (2015) oor sy lewe met beduidende sanitering sy eie ego gestreel en die geskiedenis herskryf deur na homself te verwys as die “groot hervormer”. Nou, by sy afsterwe, is dit die narratief waarop die media sonder skroom of ondersoek inkoop. Indien jy sy boeke gelees het, en die twyfelagtige voorreg gehad het om hom te ontmoet, al was dit by 'n enkele geleentheid, sou jy hom dalk soos ek onthou as 'n stugge burokraat met 'n geweldige ego wat sy eie intellektuele vermoëns met 'n ongesonde agting bejeën het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.