Fanie Cloete is ‘n emeritus-professor in die Staatkunde by beide die Universiteite van Stellenbosch en Johannesburg. Hy was in die 1980's betrokke by die beplanning en implementering van die staatkundige hervormingsproses in Suid-Afrika, ter voorbereiding van die latere onderhandelde politieke skikking wat tot die huidige demokratiese politieke bedeling in die land gelei het. Hy doen tans navorsing oor kritiese momente gedurende daardie periode.
REVISIONISME
Die spioenbaas en die wit tuisland
FANIE CLOETE, emeritus professor en tydens PW Botha se bewind die hoof van staatkundige beplanning, maak beswaar teen die heldeverering van Niël Barnard, hoof van nasionale intelligensie in die laat-apartheidsjare, wat die week oorlede is.
Deel
IN die era van toenemende disinformasie is dit nodig om die verstommende halwe waarhede wat die afgelope paar dae oor Niël Barnard kwytgeraak is, in meer akkurate perspektief te stel vir historiese rekorddoeleindes.
Losweg vertaal, beskryf die Encyclopedia Britannica revisionisme as “idees en oortuigings wat verskil van aanvaarde idees en oortuigings en probeer om hulle te verander, veral op 'n manier wat as verkeerd of oneerlik beskou word”. Dit kom dus neer op 'n poging om die geskiedenis deur bedenklike metodes te probeer hervertolk en herskryf.
Die huldebetoon deur Jan-Jan Joubert en Johan Mostert (Die Burger 14 Jan. 2025) aan Barnard ná sy afsterwe die vorige dag, het hierdie propagandistiese taktiek van disinformasie nou weer in die kollig geplaas...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
SA se diep geskiedenis vertrap
Broeder-baas, maar ook demokrasie-pionier
Vrye Weekblad: ’n jaar van storm, drang en sukses
‘Ons durf nie wegstaan van ons demokrasie’
Beskuldigings teen Heunis-faksie ‘kwelsugtig’
‘FW het tot in 1989 in apartheid geglo’
Oor Pik Botha se spin, Filistyne en ‘toordokters’
’n Nuwe regering van nasionale eenheid?
Deel
-
Deel
Fanie Cloete
AkademikusFanie Cloete is ‘n emeritus-professor in die Staatkunde by beide die Universiteite van Stellenbosch en Johannesburg. Hy was in die 1980's betrokke by die beplanning en implementering van die staatkundige hervormingsproses in Suid-Afrika, ter voorbereiding van die latere onderhandelde politieke skikking wat tot die huidige demokratiese politieke bedeling in die land gelei het. Hy doen tans navorsing oor kritiese momente gedurende daardie periode.