Zuma-spook lóóp en Cyril skrik hom lam

DOENDINGE VIR DIE PRES

Zuma-spook lóóp en Cyril skrik hom lam

Die MK-spook is die blok aan Cyril Ramaphosa se been wat keer dat hy beslissend optree – nes die geval met die destydse RET-faksie was. Hy moet by Donald Trump gaan tips kry, skryf MAX DU PREEZ.

DIT is voor die hand liggend wat Ramaphosa se prioriteite behoort te wees:

Hy moet met 'n sterk hand daadwerklik ingryp in die vervallende provinsies, metro’s en dorpe wat deur die ANC regeer word;Hy moet sy party se koue-oorlog-mentaliteit by die venster uitgooi en ’n nuwe, pragmatiese buitelandse beleid vorm wat meer aptytlik vir Amerika en ander Westerse lande sal wees;Hy moet ’n djihad teen korrupsie, tenderpreneurskap en rentseeking aankondig en onmiddellik van elke minister of senior amptenaar wat daarvan verdink word, ontslae raak;Hy moet die sweep klap en die groteske oneffektiwiteit en vermorsing deur staatsdepartemente en staatsondernemings beëindig en burokratiese rompslomp brutaal uitsny;Hy moet die bestaande stelsels van swart ekonomiese bemagtiging en voorkeurverkryging radikaal hervorm sodat die werklike doel van dié beleid bereik kan word, eerder as dat dit net ’n klompie kaders en skelm meelopers bevoordeel; enHy moet die boodskap helder en duidelik aan sy party en dié se alliansievennote stuur dat ekonomiese groei die voorste prioriteit en die vinnigste medisyne vir werkloosheid is, en dat die ou sosialistiese drome van ’n nasionale demokratiese revolusie in die 1980’s hoort.

Springhaas in die flitslig..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.