In Ramaphosa se kabinet kan ‘consequences’ bevordering beteken

DIE KEUSES WAT CYRIL MAAK

In Ramaphosa se kabinet kan ‘consequences’ bevordering beteken

Dit lyk nie asof die president 'n snars omgee oor wat sy ministers in die verlede aangevang het nie, skryf PIET CROUCAMP. Daar is ook geen aanduiding dat 'n paar geraamtes in die kas hulle sal skade aandoen nie.

DOEN jouself ’n guns en gaan op ’n internet-soektog oor korrupsie, onetiese gedrag en kleinburgerlike omstredenheid met verwysing na pres. Cyril Ramaphosa se kabinet en sy adjunkministers.

Dis nou as die bewerings jou nie reeds in die verlede só getraumatiseer het dat jy dit tot op die letter en woord kan herroep nie. Ek aanvaar dat die ANC nou nie juis die room van die land aan Ramaphosa bied om sy kabinet uit te kies nie, maar soms wonder ek of hy enige moeite doen om die verledes van sommige van sy keuses na te speur alvorens hy hulle aanstel.

So terloops, in Suid-Afrika, anders as amptenare in sekere regeringsposisies, is kabinetsministers nié verplig om ’n formele veiligheidsklaring te slaag voordat hulle aangestel word nie. Senior staatsamptenare, soos direkteure-generaal, senior bestuurders in die openbare diens, en lede van wetstoepassings- en intelligensie-agentskappe, moet streng keuring ondergaan en veiligheidsklarings kry van die twyfelagtige en na beweerde plek-plek korrupte Staatsveiligheidsagentskap (SSA). Wat ministers betref, is dit ’n geval van – soos oudfinansminister Trevor Manuel graag gesê het – “we serve at the pleasure of the president” en indien ’n minister oneties of korrup bevind word, is dit vir die politieke rekening van die president...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.