Nasionale demokratiese revolusie nou ingespan teen ’n paleisrevolusie

BENODIG: HARE OP DIE TANDE

Nasionale demokratiese revolusie nou ingespan teen ’n paleisrevolusie

'n Rowwe tyd wag op pres. Cyril Ramaphosa, die ANC én SA wanneer die party se ringkoppe later vanjaar koppe stamp oor die implementering al dan nie van hul 2022-beleidsbesluite, skryf PIET CROUCAMP.

IN VELE opsigte is president Cyril Ramaphosa die vader van die idee van 'n regering van nasionale eenheid (RNE). Dit is 'n status wat hy behoort te koester. Hy gaan beslis nie as 'n goeie politieke leier onthou word nie en indien sy nalatenskap as iemand wat effektiewe stelsels gevestig het vir hom belangrik is, sal hy beter vaar deur daarvoor na die RNE te kyk.

Vir die meeste van sy kamerade en partygenote is die idee van samewerkende regering nog iets om aan gewoond te raak, want vir 30 jaar het die ANC en kabinetsministers ongebreidelde mag uitgeoefen. Maar sedert die samestelling van die RNE is daar die veronderstelling dat beleid die resultaat van 'n konsensus, of alternatiewelik 'n voldoende konsensus, sal wees tussen historiese opponente en dalk ook tussen mededingende ideologieë.

Wie is Ramaphosa se oorfluisteraar?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.