JP Landman is ’n politieke en ekonomiese ontleder. Hy is sedert 2000 ’n konsultant vir Nedbank Private Wealth. Landman is in 2006 aangestel in die president se ekonomiese adviespaneel en in 2015 as lid van die Nasionale Beplanningskommissie. Hy is ook ’n nie-uitvoerende direkteur van die voedselmaatskappy Libstar.
BY 'N KRUISPAD
Soos met hoenders, so ook met staal: SA staan voor ’n moeilike keuse
JP LANDMAN verduidelik die opsies noudat ArcelorMittal South Africa sy langstaalbesigheid sluit: SA staan voor ’n moeilike keuse.
Deel
MET ons onlangse terugkeer van 'n baie ontspanne vakansie in Namibië bevind ons ons in die storm wat losgebars het rondom die sluiting van ArcelorMittal South Africa (Amsa) se langstaalbesigheid. Die sage gaan oor meer as net staal – dit gaan in die groter prentjie ook oor beleidsbesluite oor tariewe, invoerbeskerming, lokalisering en industrialisasie.
Amsa het sy ontstaan in die 1920's gehad in die vorm van die destydse Yskor (Iscor), die Suid-Afrikaanse Yster- en Staalkorporasie. Dit is gestig deur Hendrik van der Bijl, die pionier wat Suid-Afrika eiehandig geïndustrialiseer het en wat ook Evkom (Eskom), die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (IDC), Safmarine en meer gestig het. Oor die jare het Yskor en later Iscor 'n groot rol in Suid-Afrika se industrialisasie gespeel en die staal vervaardig wat noodsaaklik is vir 'n moderne industriële ekonomie. Dit het eintlik uit twee besighede bestaan:
Staalvervaardiging, met oonde in Pretoria, Newcastle, Vanderbijlpark, Vereeniging en later Saldanha; en..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Waar sal ons krag vandaan kom?
Hoe om SA te bou – biljoen vir biljoen
Oktoberfees van politiek en beleid
Verkiesing: Wat as niemand 50% kry nie?
Hoe China dinge máák werk
Ekonomiese en buitelandse beleid soos olie, water
‘Cyril het iets groots reggekry, maar ...’
Deel
-
Deel
JP Landman
Politieke ontlederJP Landman is ’n politieke en ekonomiese ontleder. Hy is sedert 2000 ’n konsultant vir Nedbank Private Wealth. Landman is in 2006 aangestel in die president se ekonomiese adviespaneel en in 2015 as lid van die Nasionale Beplanningskommissie. Hy is ook ’n nie-uitvoerende direkteur van die voedselmaatskappy Libstar.