Van baasskap na bra-skap: Ewe sleg vir die swart man
VERDRAAIINGS VAN 'N KAPITALISTIESE SAMELEWING

Ons samelewing is deurspek met voorbeelde van afpersing, en ’n spesifieke soort bra-skap wat die wet wegkalwe en geen teken toon dat dit binnekort sal eindig nie, sê ISMAIL LAGARDIEN.
EK BREEK nou al jare lank my kop oor ons minagting van “die wet", van “wette" en die mees basiese idees van wat 'n goeie samelewing behels, asook die verdraaiings van die liberaal-republikeinse demokrasie waarin ons leef. Dit het niks te doen met die regstrukture of praktyke en praktisyns van die reg nie. Dit is ook heeltemal die teenoorgestelde van die “wet en orde"-standpunt wat so geliefd onder ons meer konserwatiewe of regsgesinde vriende is. 'n Voetoorgang is byvoorbeeld die wetlik aangewese plek waar mense 'n straat met 'n mate van veiligheid kan oorsteek. Hier kan jy jou op die wet beroep.
Ons kan, al is dit net vir gerief, vir eers die verhouding tussen die staat (en sy wette) en die burgerlike samelewing ignoreer. Hiermee bedoel ek ek en jy, leke, in teenstelling met die regering of politieke partye, wat ons oënskynlik net tydens verkiesings betrek, waarna hulle skynbaar maak soos hulle wil.
Dit is natuurlik gevaarlik – indien nie heeltemal verkeerd nie – om uit persoonlike ervaring te veralgemeen. Maar … daar was geen beroep op die wet nadat ek lank gelede voedselvergiftiging van kos by 'n chesanyama-verkoper in Mookistraat gekry het voor 'n Chiefs-Pirates-wedstryd nie. Ek het ook eenkeer voedselvergiftiging gekry tydens 'n Phunya Sele Sele-wedstryd in Bloemfontein. Almal het lekker gelag. Niemand het gekla nie en geen formele klag is by gesondheidsowerhede ingedien nie. Ek is nie 'n aanhanger van kitskosondernemings nie, en kan deesdae selde bekostig om by restaurante te eet, maar dié kan ten minste verantwoordelikheid aanvaar vir swak sanitêre toestande in hul kombuise...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Vír ons of téén ons – woorde met ’n geskiedenis
Slagoffer-speel is strydig met die RNE
Agter elke Woedende Wit Man ...
Varknasie: Wat is fout met ons?
Dis tyd om dié 10 ‘onaantasbare’ groepe kort te vat
Deel
-
Deel
Ismail Lagardien
SkrywerIsmail Lagardien skryf al van toeka se dae af. Hy is 'n rubriekskrywer wat worstel met die realiteit om hom. Hy was op die sekretariaat van die nasionale beplanningskommissie en is 'n besoekende professor by Wits se Skool vir Regeerkunde.