Die binnestories van die debat oor ‘skiet of skik’ voor 1990

ANDER MENING: NIËL BARNARD

Die binnestories van die debat oor ‘skiet of skik’ voor 1990

Niël Barnard, ontslape voormalige hoof van Nasionale Intelligensie, was instrumenteel om die Nasionale Party-leierskap sover te bring om ’n onderhandelde skikking eerder as ’n militêre oplossing te soek, skryf WILLEM STEENKAMP, ’n voormalige NI-amptenaar en later senior diplomaat, in die jongste uitgawe van Nongqai.org, 'n tydskrif vir intelligensie- en militêre geskiedenis. Steenkamp gee sy weergawe van PW Botha se Rubicon-debakel en beweer dat Botha eens steun aan Zambiese rebelle verleen het om pres. Kenneth Kaunda omver te werp. Vrye Weekblad plaas Steenkamp se artikel verkort maar andersins onveranderd.

  • 31 Januarie 2025
  • Nuus & Politiek
  • 36 min om te lees
  • artikel 6 van 29
  • Willem Steenkamp

DIE ESSENSIE van die Buro/DNV/NI [die Buro vir Staatsveiligheid, die departement van Nasionale Veiligheid en Nasionale Intelligensie] se bedreigingsanalise betreffende Suid-Afrika self, was deurentyd dat die land in wese met ’n politieke dilemma gekonfronteer was, en dat ’n politieke vraagstuk ten ene male nie militêr opgelos kan word nie. As mens nie die vuur onder die pappot blus nie, dan gaan jy uiteindelik nie die deksel daarop kan hou nie – dit gáán oorkook.

Hierdie fundamentele insig was uiteindelik deurslaggewend daarin om die De Klerk-regering terug te gebring het na die onderhandeling-gebaseerde strategie van John Vorster. Dit sou egter wees om te hoog op te wil gee, indien aanspraak gemaak probeer word dat eksklusief net NI/Barnard hierdie (korrekte) insig openbaar het. Dit is byvoorbeeld ook sterk geartikuleer in ’n Veiligheidstak-memorandum van vroeg-1987 waarin my oorlede vader dit ondubbelsinnig duidelik gemaak het dat die “blou lyn” nie vir altyd sal kan hou nie. Hy het dus by herhaling aangeraai dat dit aangewese is om onverwyld te begin onderhandel vir ’n politieke skikking, terwyl die regering dit nog uit ’n posisie van relatiewe sterkte kon doen.

Waaromtrent hy en Barnard dit ook heelhartig eens was, is dat opgehou moes word om ’n kommunis agter elke bos te soek. Nie-Blanke weerstand kon ten ene male nie volledig aan Sowjet-aanhitsing toegeskryf word nie. Dit was in wese Swart nasionalisme, in sy essensie nie anders nie as die Afrikaner se eie verset teen oorheersing, het my vader geskryf .....

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.