Nog 'n Dylan-biofliek. Het niemand aan die pyn gedink wat dit Leonard Cohen-groupies sou aandoen nie? En selfs 'n jare lange Bob Dylan-aanhanger soos CHRIS DU PLESSIS se stresvlakke is verhoog deur die filmbedryf se jongste gestoei met die glibberige feite.
EK WAS te bang om na Martin Scorsese se twee weergawes van die enigmatiese troebadoer Bob Dylan se lewe te kyk, of I'm Not There deur Todd Haynes, wat volgens vele opinies uitstekend is. Vrees vir teleurstelling het al baie beter mense as ek verlam. Maar ek het my moed bymekaargeskraap en gekyk na James Mangold se nuwe poging wat verlede week op die kringloop bekendgestel is.
Die drama, gebaseer op Elija Wald se 2015-boek Dylan Goes Electric, word eweredig versprei oor die byna twee en 'n half uur van die fliek, maar die spanning bou op tot die deurslaggewende oomblik wanneer Dylan wegbreek van die bestaande musikale matrys deur 'n elektriese set te speel, tot die ergernis van al die folk-lovin’ folks by die Newport Folk Festival in 1965.
Afgesien van 'n sterk begeerte om Dylan te sien wat nié deur Richard Gere vertolk word of oor wie 'n Hollywood-reklamemaker in 'n werklikheid-fiksie-hibried kwyl nie, erken ek dat ek ook aangetrokke tot hierdie prent gevoel het in die flou hoop om 'n selfs groter musikale fokuspunt van my bewondering in die Newport-aanbod te bespeur – 'n Suid-Afrikaanse een...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
SEMINALE MUSIKALE OOMBLIKKE
Die Bob Dylan vormfok-mitefabriek homesick blues
Nog 'n Dylan-biofliek. Het niemand aan die pyn gedink wat dit Leonard Cohen-groupies sou aandoen nie? En selfs 'n jare lange Bob Dylan-aanhanger soos CHRIS DU PLESSIS se stresvlakke is verhoog deur die filmbedryf se jongste gestoei met die glibberige feite.
Deel
EK WAS te bang om na Martin Scorsese se twee weergawes van die enigmatiese troebadoer Bob Dylan se lewe te kyk, of I'm Not There deur Todd Haynes, wat volgens vele opinies uitstekend is. Vrees vir teleurstelling het al baie beter mense as ek verlam. Maar ek het my moed bymekaargeskraap en gekyk na James Mangold se nuwe poging wat verlede week op die kringloop bekendgestel is.
Die drama, gebaseer op Elija Wald se 2015-boek Dylan Goes Electric, word eweredig versprei oor die byna twee en 'n half uur van die fliek, maar die spanning bou op tot die deurslaggewende oomblik wanneer Dylan wegbreek van die bestaande musikale matrys deur 'n elektriese set te speel, tot die ergernis van al die folk-lovin’ folks by die Newport Folk Festival in 1965.
Afgesien van 'n sterk begeerte om Dylan te sien wat nié deur Richard Gere vertolk word of oor wie 'n Hollywood-reklamemaker in 'n werklikheid-fiksie-hibried kwyl nie, erken ek dat ek ook aangetrokke tot hierdie prent gevoel het in die flou hoop om 'n selfs groter musikale fokuspunt van my bewondering in die Newport-aanbod te bespeur – 'n Suid-Afrikaanse een...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Hier lê Paul Simon se wortels van ritme
Jy mellow soos jy ouer word, sê Anton Goosen
Totsiens aan die country-rebel met die sagte oë
Sestigs se poprevolusie nou ’n verslawing aan die verlede
Les jou dokkie-dors met dié 19 titels
’n Onmoontlike musiektaak
Deel
-
Deel
Chris du Plessis
JoernalisChris du Plessis was die oorspronklike kunsredakteur en stigterslid van die eerste Vrye Weekblad.