’n Weermag vol generaals met oupas as troepe

KONGO-GEMORS

’n Weermag vol generaals met oupas as troepe

Nadat 14 soldate verlede week in hewige gevegte in die DRK dood is, word baie vrae gevra, veral oor Suid-Afrikaanse magte se gevegsgereedheid en die soort sendings waaraan hulle deelneem. ALI VAN WYK gesels met prof. Abel Esterhuyse, hoof van die Universiteit Stellenbosch se departement van strategiese studies.

EK GESELS die afgelope naweek langs 'n braai met ’n professionele soldaat, ’n hoë offisier in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, oor sy lewe en loopbaan. Hy was voor 1994 ’n jong offisier in die ou weermag, die SAW.

Ek ken hom as ’n patriot wat altyd optimisties was oor Suid-Afrika, al het dit soms, veral in die weermag, met stote en kreune voortgesukkel. Hy’t altyd gesê groeipyne en probleme is onvermydelik in so 'n komplekse projek. Hy het ook gesê hy aanvaar dat ’n weermag in Suid-Afrika ’n ander kultuur sal hê as ’n weermag in Brittanje of Duitsland, en dat hy dit geniet.

Maar toe ek hom nou sien, was hy vir die eerste keer swartgallig, waarskynlik ook weens die tragedie wat hom verlede week in die Demokratiese Republiek die Kongo afgespeel het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan [email protected].