LINKS, REGS, LINKS, REGS
Die swaai weg van liberalisme, en terug
Die DA en die regs-verregse Solidariteit, AfriForum en Saai het ’n gemeenskaplike meesternarratief ontwikkel wat skadelik is vir Suid-Afrika se liberaal-demokratiese projek, skryf PIET CROUCAMP. Maar daar is tekens dat die RNE dit aan die verander is.
LINKS, REGS, LINKS, REGS
Die swaai weg van liberalisme, en terug
Die DA en die regs-verregse Solidariteit, AfriForum en Saai het ’n gemeenskaplike meesternarratief ontwikkel wat skadelik is vir Suid-Afrika se liberaal-demokratiese projek, skryf PIET CROUCAMP. Maar daar is tekens dat die RNE dit aan die verander is.
Deel
DIE afgelope dekade, het die ongemaklike werklikheid tot my deurgedring, het die DA en regs-konserwatiewe Afrikaner-drukgroepe (Solidariteit, AfriForum en Saai) ’n gemeenskaplike meesternarratief ontwikkel wat uiters skadelik is vir Suid-Afrika se liberaal-demokratiese projek. Die ideologiese vervloeiing tussen dié twee historiese “wit identiteite” het gelei tot die foutiewe persepsie onder swart Suid-Afrikaners dat Helen Zille en Kallie Kriel uit dieselfde politieke hout gesny is, en dat hulle dieselfde vooroordele koester jeens swart Suid-Afrikaners.
Ek was bewus van hierdie verwronge persepsie, maar my kwelling was elders, meer akademies. Liberalisme word dikwels vanuit ’n linkse perspektief daarvan verdink dat dit klas-, ras- en historiese verskille in stand hou – eerder as uitwis – en die verhouding tussen wit en swart in Suid-Afrika word dikwels as ’n manifestasie van dié immorele anomalie beskou. Asof dit nie alreeds ’n gewigtige kritiek op liberalisme was nie, was daar ’n duidelike tendens binne die DA om te reageer op ’n angstige wit konserwatiewe wekroep tot beskerming van historiese bevoorregting.
Daar kan geen twyfel wees dat eiendomsreg en welvaart in Suid-Afrika ten alle koste beskerm moet word nie, maar daar was ook geen teken dat wit Suid-Afrikaners polities en ideologies geteiken word vir die vervreemding van bates en welvaart nie. Die verraad van die DA jeens liberalisme en die gepaardgaande skuif na regs, is onverskoonbaar en was in reaksie op die opkoms van konserwatiewe verkiesingspolitiek en die onhoudbaarheid van die ANC se links-populistiese retoriek...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan [email protected].
Verwante Artikels
Die RNE praat uit verskillende monde
Piet C. en Helen Z. praat oor ras-dogma
Stadig oor die klippe met Steenhuisen
Los tog maar die politieke etikette
Wanneer liberalisme bekrompe is
Dink mooi oor julle leiers, DA
Almal nou gestraf toe AfriSol se gifsaadjies spruit
Dis nie net Trump wat lieg nie
Ek is progressief én konserwatief
Deel
-
Deel
-
-
-
-
-
-
Volgende artikelPiet Croucamp
Bydraende redakteurPiet Croucamp is al 29 jaar 'n dosent in die politieke wetenskap. Hy is tans verbonde aan die Noordwes-Universiteit se Besigheidskool.