FAQs: Vrye Weekblad

Ons antwoord jou vrae oor ons nuusbriewe, ons app, hoe om aan te meld of in te teken, en heelwat meer

Vrye Weekblad is ’n progressiewe digitale publikasie met grondverskuiwende joernalistiek en analise. Dit was ’n weeklikse anti-apartheid koerant van 1987 tot 1994, toe dit toegemaak het. Dit het in April 2019 herlewe as ’n internet-publikasie en verskyn elke Vrydag slegs aanlyn as 'n gesamentlike onderneming tussen Arena Holdings, die uitgewer, en Vrye Weekblad.

Daar is gratis inhoud op ons webblad en ons daaglikse nuusbriewe word gratis per e-pos gestuur aan alle geregistreerde lesers, maar lesers moet inteken vir volledige toegang tot elke Vrydag se uitgawe van Vrye Weekblad. 

Jy kan ook jou nuwe uitgawes lees op ons app vir Apple-, Huawei- of Android-toestelle.

Dit is duur om goeie joernalistiek te maak. Nuusorganisasies is afhanklik van reklame-inkomste, maar dis nie genoeg om aan jou die geloofwaardige en besonne beriggewing te gee waarop jy staatmaak nie. Jou ondersteuning beteken ons sal aanhou doen wat net Vrye Weekblad kan doen.


Registrasie en intekening

Hoe registreer of teken ek in op Vrye Weekblad?

Klik hier om gratis te registreer. Ons sal jou 'n e-pos stuur om jou adres te bevestig. Wanneer jy geregistreer het, kan jy kommentaar lewer op ons artikels, ons e-pos-nuusbriewe ontvang of jou nuusbriefvoorkeure bestuur via jou profiel.

Om vanuit Suid-Afrika of elders in die wêreld in te teken, klik hier om ons intekenopsies te sien. Sodra jy ingeteken het, kan jy jou intekening via jou profiel bestuur – jy kan dit kanselleer, 'n faktuur aanvra of jou kaartdetails opdateer.

Ons bied ook 'n spesiale pakket vir pensioenarisse ouer as 60. Jy sal jou identiteitsnommer moet verskaf gedurende die intekenproses. (As jy nie 'n Suid-Afrikaanse identiteitsnommer het nie, kontak ons by Tel: 0860 52 52 00 of hulp@vryeweekblad.com om jou afslag aan te vra.)

Dit is vir ons belangrik om al jou persoonlike inligting te beskerm. Ons betalingsverskaffer, PayU, se tegnologie word in 18 lande deur aanlyn-handelaars gebruik. PayU se bedieners voldoen aan PCI-DSS-standaarde, wat jou kaartdetails veilig hou. Daardie details word nooit aan die handelaar vertoon nie. PayU beskerm ook jou inligting deur 128-bit Secure Socket Layer (SSL)-enkripsie. Lees meer oor PayU se veiligheidsmaatreëls.

Hoe meld ek aan of teken ek uit?

Klik hier om aan te meld met jou e-posadres en wagwoord, of klik hier om uit te teken. Jy kan dieselfde persoonlike inligting gebruik om aan te meld op TimesLIVE, BusinessLIVESowetanLIVE en ander Arena Holdings-webblaaie, alhoewel jou intekenings slegs geldig is vir spesifieke webblaaie.

Ek kan nie registreer, inteken of aanmeld nie. Wie kan ek kontak?

Gesels met ons by Tel: 0860 52 52 00 of hulp@vryeweekblad.com. Die beste tyd om te bel is 6vm–3.30nm SA tyd (GMT +2) Maandag tot Vrydag.

As jy geregistreer het, maar nie kan aanmeld nie, maak seker dat jy dieselfde e-posadres gebruik waarmee jy geregistreer het en dat jy die korrekte wagwoord insleutel. Jy kan ook jou wagwood hier per e-pos verander.

Ek wil my naam, van, wagwoord, intekeningspakket of e-posadres verander. Wat moet ek doen?

Wanneer jy geregistreer en aangemeld het, kan jy jou naam, van en foonnommer verander op jou profiel of jou wagwoord verander. As jy nie aangemeld is nie, kan jy jou wagwood per e-pos verander.

Jy kan ook jou voorkeure vir jou nuusbriewe stel op jou profiel.

Ongelukkig kan jy nie jou e-posadres direk via jou profiel verander nie. Jy kan net uitteken en weer registreer met jou nuwe e-posadres. As jy tans 'n intekening het, kontak ons dan asseblief by Tel: 0860 52 52 00 of hulp@vryeweekblad.com. sodat ons jou intekening aan jou nuwe e-posadres kan koppel.

Om jou intekening te skuif na 'n ander pakket, kontak ons by Tel: 0860 52 52 00 of hulp@vryeweekblad.com.

Kan ek 'n inteken-geskenkbewys vir iemand anders koop, en hoe aktiveer hulle dan die geskenkbewys?

Jy kan 'n 6- of 12-maande-geskenkbewys vir Vrye Weekblad koop. Die persoon wat die geskenk ontvang kan dit aktiveer met die geskenkbewyskode wat per e-pos aan jou gestuur sal word. Klik hier om die geskenkbewys te koop.

Om 'n geskenkbewys wat jy ontvang het te aktiveer, klik hier om die geskenkbewyskode in te sleutel.

Op hoeveel toestelle kan ek my Vrye Weekblad-intekening gebruik?

Jy kan tot en met drie toestelle terselfdertyd gebruik op jou rekening.

Wat is cookies en hoekom het ek hulle nodig om Vrye Weekblad te gebruik?

Cookies is piepklein, skadelose lêers wat webblaaie gebruik om jou persoonlike web-voorkeure te onthou. Baie van ons dienste sal nie werk sonder cookies nie. As jy nie cookies op jou browser toelaat nie, sal sekere van die dienste en voorkeure op Vrye Weekblad glad nie vir jou werk nie.

Ons kontaksentrum mag jou dalk vra om jou cookies uit te vee. Lees hoe om cookies te delete in Chrome, Firefox, Internet Explorer of Safari.


Nuusbriewe, kommentaar op artikels, en ons app

Hoe teken ek in op Vrye Weekblad se nuusbriewe wat per e-pos gestuur word, en hoe teken ek weer uit?

Wanneer jy gratis registreer, sal jy gevra word watter van ons nuusbriewe jy graag wil ontvang. Nadat jy geregistreer en aangemeld het, kan jy jou voorkeure vir jou nuusbriewe stel op jou profiel.

My nuusbrief het nie by my uitgekom nie. Wat moet ek doen?

Kyk na die “junk mail"- of “spam"-leggers van jou e-posrekening, want jou e-posstelsel kon dalk die nuusbrief daar geplaas het. As dit gebeur het, probeer om jou e-posrekening se settings te verstel. In Gmail beland sulke e-posse soms outomaties in die “Promotions"-legger. As jy die nuusbrief glad nie ontvang het nie, laat weet ons by terugvoer@vryeweekblad.com

Hoe werk leserskommentaar onder Vrye Weekblad se artikels?

Lesers wat inteken op Vrye Weekblad kan die kommentaar-fasiliteite onder artikels gebruik indien dit beskikbaar gemaak word. Hierdie kommentaar word bestuur deur ’n betroubare diens, Disqus, wat deur baie ander webblaaie ook gebruik word.

Jou Vrye Weekblad Disqus-profiel word geskep wanneer jy op ons webblad registreer. Dit tel nie besonderhede op van enige ander Disqus-profiele wat jy mag hê nie. Jou naam en van sal by al jou opmerkings gepubliseer word. Deur ons kommentaar-fasiliteite te gebruik, stem jy in tot die reëls wat in Vrye Weekblad se kommentaarbeleid uiteengesit word.

Is daar 'n Vrye Weekblad-app?

Elke nuwe uitgawe is beskikbaar op ons app vir Apple-, Huawei- of Android-toestelle. Die app is gratis om te installeer, maar jy moet 'n intekenaar wees om die meeste inhoud daar te kan lees. Jy kan aanlyn lees of die uitgawe aflaai om later te lees.


Redaksionele sake, probleme en advertensies

Hoe maak ek kontak met Vrye Weekblad?

Kyk na ons kontakbesonderhede vir die redaksie -- hoe om nuuswenke te stuur, 'n brief te skryf, 'n fout te rapporteer en meer. 

Wie is die redakteur van Vrye Weekblad?

Max du Preez is die redakteur van Vrye Weekblad. 

Het Vrye Weekblad enige RSS-lyste?

Ons het ’n RSS-lys vir Vrye Weekblad. Kry die volledige inligting hier.

Hoe stuur ek ’n meningstuk aan Vrye Weekblad?

Ons publiseer nie meningstukke wat reeds aan ander titels gestuur is nie. Om proaktief ’n meningstuk vir publikasie aan te bied, is geen waarborg dat dit gepubliseer sal word nie, en ons behou die reg voor om alle meningstukke te redigeer. E-pos jou stuk na redaksie@vryeweekblad.com.

Hoe stuur ek ’n media-verklaring of ’n nuuswenk?

E-pos jou persverklaring of nuuswenk na redaksie@vryeweekblad.com. Ons nuusredaksie sal daarna kyk. Ons publiseer nie media-verklarings nie, maar oorweeg dit vir gebruik in beriggewing.

Hoe rapporteer ek ’n fout op Vrye Weekblad?

Laat ons weet as jy enige foute sien, klein of groot, sodat ons dit kan regstel. E-pos terugvoer@vryeweekblad.com, sluit die storie se skakel in, en gee ’n bondige verduideliking van die probleem.

Hoe adverteer ek in Vrye Weekblad?

Kyk na ons inligtingblad vir reklame.

X