Die Groot Griep: Vergete stemme se stories van seer herleef

As die ‘lyke’ skree

Die Groot Griep: Vergete stemme se stories van seer herleef

Net meer as ’n eeu gelede het die “Driedaggriep” 350 000 Suid-Afrikaners in slegs ses weke uitgewis. Nou is daar ’n stem aan dié verskrikking gegee danksy ’n nuwe boek wat die verhale van oorlewendes deel, vertel ELSABÉ BRITS.

DAAR is op hele huishoudings afgekom wat dae lank dood in hul beddens gelê het. Perdewaens het deur die strate gery met die dooies in komberse toegedraai om hulle in massagrafte te gaan begrawe.
Mense het medisyne gedrink wat geen snars gehelp het nie, hoewel hulle dit nie geweet het nie. Baie het waar hulle in lang toue by depots oor die hele land vir sop, brood of melk staan en wag het, op die plek dood neergeslaan.
Dít was die Swart Oktober van 1918.
Die Groot Griep, ook bekend as die Spaanse Griep, het Suid-Afrika heeltemal lamgelê. Dié pandemie waarin die meeste mense tot nog toe in die land se geskiedenis gesterf het, is egter nou vergete. Veral die intense lyding.

Sowat 350 000 mense het binne ses weke gesterf, en tot vier miljoen van die land se (toe) sewe miljoen mense het siek geword. Dit is dus 5% van die bevolking wat omgekom het, en na raming sowat 60% wat siek was, verduidelik prof. Howard Phillips, ’n historikus aan die Universiteit van Kaapstad.
Vyf persent van ’n bevolking klink dalk min, maar dit is geweldig baie. Sou ’n mens dit na die hedendaagse Suid-Afrika omskakel, sou dit só lyk: Die land het 57,7 miljoen mense en 5% hiervan is 2,9 miljoen. Die FNB-stadion in Johannesburg kan ’n maksimum van 94 736 mense hanteer. As 5% van ons bevolking sterf, sal dié mense 30,5 FNB-stadions vul.
Sowat 40 jaar gelede het Phillips vir sy doktorsgraad in geskiedenis onderhoude gevoer met 170 Suid-Afrikaners van alle bevolkingsgroepe wat dié wêreldwye pandemie oorleef het. Dit was die laaste plaaslike generasie wat die verskrikking beleef het en wie se verhale opgeteken en bewaar is saam met sowat 40 briewe wat hy ontvang het.
Dié unieke stories is nou deur die Van Riebeeck-stigting uitgegee in ’n boek getiteld In a Time of Plague: Memories of the “Spanish” Flu Epidemic of 1918 in South Africa.

Niks en niemand onaangeraakTOE hy met mense in ouetehuise gaan praat het, “was dit soos ’n kurk wat uit ’n bottel getrek is. Die herinneringe het uitgevloei. Baie mense, sommige weeskinders, het nooit voorheen daaroor gepraat nie. Meestal omdat dit te seer was of omdat hulle gedink het die nuwe generasies sal nooit glo hoe vreeslik dit regtig was nie.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.