Kan ons aanlyn bestaan sonder Google?

DIE SOEKE NA 'N SOEKENJIN

Kan ons aanlyn bestaan sonder Google?

Hy het daarin geslaag om Facebook die ewigheid in te stuur, maar TOBY SHAPSHAK probeer nog om hom los te maak van die soekenjin wat sy neus so gereeld in ons privaat sake steek.

BAIE van die vrese oor persoonlike privaatheid, en oor hoe die wêreld van Groot Tegnologie sy gebruikers se data benut, word op Facebook gemik. Dié gesprek is geneig om verby die sentrale rol wat Google in ons lewe speel te kyk. 

Google is verreweg die grootste soekenjin, verskaf die Android-bedryfstelsel wat deur meer as 90% van slimfone gebruik word, is 'n groot rolspeler in wolkbediening (cloud hosting), die grootste verskaffer van wolkgebaseerde e-pos (deur Gmail), en die leier wat karteringstegnologie betref.

Ek het lank terug besef ek kan baie gemaklik sonder Facebook lewe nadat ek dié sosialemediaplatform (en sy Messenger-app) twee jaar terug van my iPhone afgevee het. Ek het regtig niks gemis nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.