Ja, benut al die tegnologie, maar maak seker jy bly in beheer

PANDEMIE-DIGITAAL

Ja, benut al die tegnologie, maar maak seker jy bly in beheer

Die ooglopende voordele van ons digitale wêreld laat ons dikwels vergeet van die gevare daarvan, skryf SONJA STRYDOM, ELMIEN SINCLAIR en CHRISTA KOCH.

  • 15 Oktober 2021
  • Wetenskap & Tegnologie
  • 5 min om te lees
  • artikel 15 van 29
  • Sonja Strydom & Elmien Sinclair & Christa Koch

SEDERT die begin van die pandemie het die meeste van ons werkswyses en sosiale gedrag radikaal verander. Gedrag en interaksies wat vroeër as vanselfsprekend aanvaar was, is beperk, ingeperk of vervang met digitale toestelle. Dit is met behulp van hierdie digitale toestelle dat baie individue wêreldwyd dit kon regkry om grootliks hul werkgedrag aan te pas, sosiaal steeds ’n konneksie met geliefdes en kollegas te behou, en om ingelig te bly oor die vinnig veranderde tendense die laaste bykans twintig maande. Hoewel digitale tegnologieë beslis ’n beduidende bydrae gelewer tot ons daaglikse verbindings, moet ons nie die potensiële gevare van die veranderende gedrag wat dit tot gevolg het, uit die oog verloor nie.

Die internet en die gebruik van digitale toestelle is opsigself natuurlik nie skadelik nie, maar wat al hoe meer noodsaaklik raak, is om ons keuses rondom ons digitale interaksie met groter omsigtigheid te hanteer. Die voordele van die internet en digitale toestelle weeg in die meeste gevalle swaarder as die nadele, maar aspekte soos die gevare verbonde aan internet- en slimfoon-verslawing, asook digitale oorgebruik behoort meer aandag te kry.

Digitale oorgebruik is waarskynlik nie so kommerwekkend soos digitale verslawing nie, maar wel meer wydverspreid. Digitale oorgebruik is gekoppel aan die infiltrasie van die internet en sosiale media in ons daaglikse lewe. Uiteraard is daar ’n reeks faktore wat ’n impak kan hê op digitale oorgebruik, soos byvoorbeeld ons keuses oor geteikende “feeds”, die geleentheid vir nimmereindigende “scrolling” deur nuus, algoritmes wat ons belangstellings en stokperdjies probeer vasstel, of doodeenvoudig ons vrees om iets te mis – die “fear of missing out”...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.