SOMS raak ek opnuut so hartseer oor die feit dat my pa oorlede is. Soos met die lees van hierdie boek. Hoe graag sou ek dit nie vir hom wou koop nie, en hoeveel vreugde sou hy nie daaruit put nie!
My pa het as jong seun twee krygsgevangenes leer ken – al was daar ’n reël dat gevangenes nie met die burgerlike bevolking mag fraternise nie, was ons mense heel gasvry en nuuskierig oor die netjiese Italiaanse mans wat op plase en paaie gewerk het. My pa en die Italianers kon nie juis kommunikeer nie, maar hulle het saam musiek gemaak. Hy het tot aan die einde van sy lewe ’n melodie op die mandolien gespeel wat hulle vir hom geleer het.
Ek lees meestal fiksie, en altyd agter die karakters aan. Gelukkig beeld Karen Horn nie die krygsgevangenes as een gesiglose groep uit nie – sy vertel om die beurt van vyf van hulle se wedervarings, sodat die leser in hulle welstand belê; ja, selfs die onwrikbare fascis onder hulle, Giovanni Palermo. Daar was ook die sjarmante en vindingryke Pietro Scottu, ’n reeksontsnapper met sy oulike hondjie, Chippie; Luigi Pederzoli, wat ’n vrou en kinders in Italië gehad het; Paolo Ricci, ’n kleremaker; en Rafaello Cei, ’n kok...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
GESKIEDENIS
Italiaanse krygsgevangenes woeker en vry
DEBORAH STEINMAIR is vir 'n slag bekoor deur 'n niefiksieboek oor 'n interessante tyd in ons geskiedenis.
Deel
SOMS raak ek opnuut so hartseer oor die feit dat my pa oorlede is. Soos met die lees van hierdie boek. Hoe graag sou ek dit nie vir hom wou koop nie, en hoeveel vreugde sou hy nie daaruit put nie!
My pa het as jong seun twee krygsgevangenes leer ken – al was daar ’n reël dat gevangenes nie met die burgerlike bevolking mag fraternise nie, was ons mense heel gasvry en nuuskierig oor die netjiese Italiaanse mans wat op plase en paaie gewerk het. My pa en die Italianers kon nie juis kommunikeer nie, maar hulle het saam musiek gemaak. Hy het tot aan die einde van sy lewe ’n melodie op die mandolien gespeel wat hulle vir hom geleer het.
Ek lees meestal fiksie, en altyd agter die karakters aan. Gelukkig beeld Karen Horn nie die krygsgevangenes as een gesiglose groep uit nie – sy vertel om die beurt van vyf van hulle se wedervarings, sodat die leser in hulle welstand belê; ja, selfs die onwrikbare fascis onder hulle, Giovanni Palermo. Daar was ook die sjarmante en vindingryke Pietro Scottu, ’n reeksontsnapper met sy oulike hondjie, Chippie; Luigi Pederzoli, wat ’n vrou en kinders in Italië gehad het; Paolo Ricci, ’n kleremaker; en Rafaello Cei, ’n kok...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Om jou kastele in Spanje te sloop
Stories in die landskap
Hoe om skrywersblok te klop
Woorde wat jou asem wegslaan
Aardskuddende kosgasmes
Deel
-
Deel
Deborah Steinmair
BoekeredakteurDeborah Steinmair is ’n bekroonde skrywer en onversadigbare leser. Sy was al twee keer die Rapport-kykNET-boekresensent van die jaar.