DEBORAH STEINMAIR vertel van 'n bundel wat die klankbaan van haar dag geword het en 'n roman wat 'n spieël ophou wat ons gebroke land in al sy glorie reflekteer.
DAAR word deesdae min digbundels uitgegee – poësie verkoop eenvoudig nie. As mense maar wou besef dis presies wat ons vandag nodig het: woorde om ’n skuit mee te bou om die alledaagse te bevaar; woorde om kastele te bou om in te woon.
Hierdie bundel lê al ’n paar weke op my tafel en volg my deur die huis: eetkamer, slaapkamer, bedkassie. Ek kan dit nie alles op een slag lees nie, soos die digter nie Ocean Vuong se gedigte op een slag kon lees nie. Dis te dig en evokatief. Fyngeweefde wêrelde val oop, jy word skilderye binnegelei, jy bevind jou in taai oomblikke tussen geliefdes, oomblikke van spyt, hunkering en begeerte, kinderherinneringe kleef aan jou soos spinnedrade wanneer jy deur ’n woud stap.
Ek benader digkuns altyd met weerstand. Omdat ek soveel daarvan verwag en omdat my hart al soveel maal deur middelmatige poësie gebreek is, staal ek my teen teleurstelling. Ek begin dit op armlengte met een oog lees. En soms, onverwags, bars ’n digter deur my skanse en oorrompel my. Soos Jaco Barnard-Naudé. Hierdie mens het ’n fabelagtige stem, hy kan gewone en ongewone dinge terloops laat sing. Hy sit my kop op loop en word moeiteloos die klankbaan van my dag...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
PLAASLIKE GAY-LITERATUUR
Om jou kastele in Spanje te sloop
DEBORAH STEINMAIR vertel van 'n bundel wat die klankbaan van haar dag geword het en 'n roman wat 'n spieël ophou wat ons gebroke land in al sy glorie reflekteer.
Deel
DAAR word deesdae min digbundels uitgegee – poësie verkoop eenvoudig nie. As mense maar wou besef dis presies wat ons vandag nodig het: woorde om ’n skuit mee te bou om die alledaagse te bevaar; woorde om kastele te bou om in te woon.
Hierdie bundel lê al ’n paar weke op my tafel en volg my deur die huis: eetkamer, slaapkamer, bedkassie. Ek kan dit nie alles op een slag lees nie, soos die digter nie Ocean Vuong se gedigte op een slag kon lees nie. Dis te dig en evokatief. Fyngeweefde wêrelde val oop, jy word skilderye binnegelei, jy bevind jou in taai oomblikke tussen geliefdes, oomblikke van spyt, hunkering en begeerte, kinderherinneringe kleef aan jou soos spinnedrade wanneer jy deur ’n woud stap.
Ek benader digkuns altyd met weerstand. Omdat ek soveel daarvan verwag en omdat my hart al soveel maal deur middelmatige poësie gebreek is, staal ek my teen teleurstelling. Ek begin dit op armlengte met een oog lees. En soms, onverwags, bars ’n digter deur my skanse en oorrompel my. Soos Jaco Barnard-Naudé. Hierdie mens het ’n fabelagtige stem, hy kan gewone en ongewone dinge terloops laat sing. Hy sit my kop op loop en word moeiteloos die klankbaan van my dag...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Stories in die landskap
Hoe om skrywersblok te klop
Woorde wat jou asem wegslaan
Aardskuddende kosgasmes
Irma Venter wys (weer) haar slag
Deel
-
Deel
Deborah Steinmair
BoekeredakteurDeborah Steinmair is ’n bekroonde skrywer en onversadigbare leser. Sy was al twee keer die Rapport-kykNET-boekresensent van die jaar.