Spoedvraat, adrenalien-junkie en doodsveragtende insomniak

KRIMI

Spoedvraat, adrenalien-junkie en doodsveragtende insomniak

Ons boekeredakteur vertel jou van die jongste aanbieding van een van haar gunsteling- plaaslike misdaadskrywers.

’n NUWE Irma Venter-roman is ’n reusebonus oor die langnaweek. Nie dat dit jou ’n langnaweek gaan besig hou nie – ’n mens se oog gly daardeur soos ’n warm mes deur botter, want hierdie skrywer weet hoe om ’n storie te vertel en die spanning ondraaglik te laat opbou.

Sy is in ’n klas van haar eie: eers was dit die S-klas, met haar boeke Skoenlapper, Skrapnel, Sondebok, Skarlaken, Sirkus, Sondag, Sewe-en-veertig. Hierdie elegante, sliek misdaadrillers het dieselfde rolverdeling gehad: onder andere ’n beeldskone joernalis en dodelik aantreklike fotograaf, ’n kuberkraker en haar tante.

Toe volg Minder as niks en Die verkeerde vrou, wat die misdaadjoernalis Ami Prinsloo aan die leserspubliek bekendstel. Sy is ’n outydse ses voet lank, met nommer 9-stewels, ’n adrenalien-junkie en spoedvraat wat met haar geliefde Triumph-motorfiets oor hoofweë en grondpaaie skeer...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.