Die Koreaanse craze gaan my verby

JOUSKA EN SPANNING

Die Koreaanse craze gaan my verby

Ons boekeredakteur word maklik verveel deur selfbewuste bewussynstroom en lees graag boeke met 'n storielyn en karakters wat op ander fokus. Miskien verskil jy van haar?

WAAROOR gaan die Koreaanse craze? KPop (Koreaanse popmusiek), Koreaanse reekse en sepies is tans op almal se lippe.

Ek het Beef (https://www.netflix.com/watch/81497204?trackId=255824129) gekyk en was vasgenael. Dit gaan oor padwoede, en oor mense wat nie huiwer om die lelikste kant van hulle persoonlikheid te wys nie, amper triomfantelik. Mense wat wraak en moedswilligheid tot die maksimum ontgin. Dit ontvou soos ’n nagmerrie. Die hoofkarakter laat my dink aan ’n vriendin wat ek eens gehad het. Een van haar oorheersende eienskappe was afguns, kwalik verbloem. Sy sou vir my sê: “Jý is darem gelukkig!” as iets goed met my gebeur. Met die subteks van: arme ék. Waar ek, Calvinisties en benepe grootgemaak en boonop trots, graag my laer instinkte onderdruk en versteek, sal sy nie huiwer om te wys dat sy groen van jaloesie is nie, of uiters gekrenk deur ’n onskuldige aanmerking. Aanvanklik is dit aantreklik – hierdie mens is so eerlik soos ’n kind, dink jy. Later nie meer nie. Alles word persoonlik opgeneem, elke situasie eindeloos ontleed en sy is altyd die slagoffer.

Toe begin ek Koreaanse boeke lees en wonder oor die Koreaanse psige. Die eerste was I Want to Die but I Want to Eat Tteokbokki, daardie wonderlike titel wat glo ’n wêreldwye blitsverkoper is. Ek het hier geskryf daaroor. Ek kon dit nie klaar lees nie, en ek gee nie maklik op met ’n boek nie. Die hoofkarakter is ligweg depressief – lig en konstant. Sy maak haarself mal deur gesprekke op te neem, oor en oor daarna te luister en dit eindeloos te ontleed. Wat is die Afrikaanse woord vir “second guess”? Sy bevraagteken haar eie motiewe die hele liewe tyd. Ook haar emosies en gemoedstemmings. Kan sy haar gevoelens vertrou? Hoekom het sy dit of dat gedoen of gesê? Wat het so en so regtig bedoel met hierdie aanmerking? Kom oor jouself, meisie, wou ek sê. Jy bly draai soos ’n passer om jou eie gat...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.