Cozy mystery en donkerste noir

DIE LESER AS SPEURDER

Cozy mystery en donkerste noir

DEBORAH STEINMAIR is eenmaal stout vir gruwelike familiedramas wat met jou kop smokkel.

COZY mysteries of cozies is ’n onderafdeling van misdaadfiksie waarin seks en geweld nie grafies voor die leser se oë afspeel nie. Die speurder is gewoonlik ’n amateur en dikwels ’n vrou. Die misdaad en speurwerk gebeur in ’n klein, intieme ruimte soos ’n dorpie, op ’n skip, in ’n hotel. Dit is minder hardgebak as krimi’s. Daar is ’n geselligheid en die karakters is oulik.

The Mystery Guest behoort losweg tot hierdie kategorie. Die hoofkarakter is ’n eksentrieke karakter wat simpatie by die leser ontlok. Molly Gray is die hoofskoonmaker in ’n spoggerige hotel en dra haar Head Maid-balkie met groot trots bo haar hart. Sy is perfeksionisties en poets elke kamer met oorgawe blink. Sy het selfs ’n handleiding vir die ander skoonmakers geskryf met allerlei koddige gemeenplase soos in a safe hotel, the guests sleep well. Haar geliefde ouma, wat haar grootgemaak het, was ook ’n skoonmaker of huisbediende en algaande kom die leser meer te wete van haar kinderjare: haar ma was ’n dwelmslaaf wat vroeg uit haar lewe verdwyn het. Ná haar ouma se dood het sy geen familie oor nie.

Haar lewe verloop vlot tot ’n beroemde gas in die hotel voor haar oë sterf: die skrywer J.D. Grimthorpe, haar ouma se werknemer in wie se herehuis sy as kind gespeel en gewerk het. Hy was ’n onsmaaklike karakter en die polisie vermoed onraad. Boonop is nog twee gaste in hulle kamers doodgeskiet. Is daar ’n verband? ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.