Goue seuns: Monoloog in stereo en die seksobjek van ’n...

WOORDE WAT WIEG EN WALG

Goue seuns: Monoloog in stereo en die seksobjek van ’n stapelgek cougar

DEBORAH STEINMAIR onthou Fokofpolisiekar en die 2000's in Kaapstad en 'n riller gryp haar aan die kraag.

DIE Heuwels Fantasties sing oor pille vir Kersfees. My vriendin Louise Crouse, bestuurder van onder meer Fokofpolisiekar, gee vir my hierdie band se bundel, FOKOFPOLISIEKAR {Woorde 2003 – 2023}, vir Kersfees. Die omslag is swart met die titel in goud, soos ’n sekulêre gesangeboek. Sober en vernaam, soort van gewigtig.

Kan dit al 20 jaar wees? Ek onthou die beginjare van Fokof, na wie destyds op die radio as “Polisiekar” verwys is. Ek was in my vroeë veertigs, hulle in hulle vroeë twintigs. Goed opgevoede seuns uit Bellville. Francois van Coke se koorseunstem het my geroer, maar dis veral die woorde waarop ek verlief geraak het. Hunter Kennedy se woorde, meestal.

Hunter het saam met Louise die skryfgroepie bygewoon wat ek in my woonstel aangebied het – dis my claim to fame. Hy was so ’n engelgesig-outjie met dromerige oë en mooi maniere. Krulhare en nie te skraal nie – volgens hom het ’n fan een keer na hom verwys as “die vet enetjie”. Propvol idees en woorde. Hy het een keer sy dagboek/notaboek in my woonstel vergeet. Ek het dit terugbesorg, maar eers gou geloer: allerlei idees, uitklopreëls en metafore wat hom binnegeval het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.