Vakansieromanse: boeke by die Kerskoek

DIE EKSTASE VAN LEES

Vakansieromanse: boeke by die Kerskoek

Ons boekeredakteur het minder as gewoonlik gelees, want vakansie- en feestyd impliseer vele kuiers, maar sy het haar tussendeur verloor in ander se gekompliseerde lewens wat in eksotiese bestemmings uitspeel.

VAKANSIEROMANSES was in my ondervinding nooit rooskleurig nie – dis wat gebeur as ’n mens vir die verkeerde span se uitdunne opdaag. Daar was ’n paar onhandige romanses, soos die seun met groot ore en aknee wat my “Meis” genoem het, die seun met rooi hare en ’n haakneus wat die kinders agter sy rug “Hoender” genoem het. Immer was ek bly wanneer die vakansie verby was. Hulle het my weggehou van my boeke en hulle was vervelig.

Deesdae beteken “vakansieromanse” vir my loslit, swaai-in-die-heup, luilekker dae van leeglê saam met langdurige geliefdes. En meer tyd vir die groot liefde van my lewe: lees. Selfs noudat ek professioneel lees, het boeke nie hulle bekoring verloor nie.

Vandag neem ek ’n blaadjie uit Kerneels se boek en bespreek kortliks ’n handvol romans wat ek wil aanbeveel en nie vergeet nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.