En tog, die deuntjie draal

ERFDEEL

En tog, die deuntjie draal

DEBORAH STEINMAIR reis na Malta en Bombaai op die wieke van Koos du Plessis se woorde en wysies.

LEONARD Cohen, ’n man so na my hart, noem homself in ’n song “the patron saint of envy and a grocer of despair”. Wanhoop. Wanhoop verkoop, maar nie op groot skaal nie. Naamlose melankolie is ’n nismark. Ek was nog altyd gek oor die gefolterde troebadoers met skor stemme wat donker waters roer. Reeds aan die begin van Afrikaans was daar troebel tortels soos Totius en siniese skoppensboere soos Eugène Marais.

Het jy geweet dat Koos du Plessis “Kinders van die wind” reeds in 1967 geskryf het, voordat Cohen sy eerste album opgeneem het? Dit word ek wys uit Erfdeel – Koos du Plessis 40 jaar later. Dis sy versamelde werke met biografiese inligting en foto’s, heruitgegee met sy dogter Irma as samesteller. Daar is ’n lieflike voorwoord deur sy skoonseun, Andries Bezuidenhout.

Die bundel is ’n voertuig vir nostalgie, soos Herman se skepe in die baai in een van Koos se songs oor die plekke wat hy nog wou besoek: Malta en Bombaai. Beiroet, Java, Leningrad, Khartoem en Zanzibar...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.